Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging na gemeenskapsinteraksie-oriënteringsessie
Begin: 01/04/2015, 09:00
Einde: 01/04/2015, 13:00
Kontak:Howard Gordon - 808 3645
Plek: Old Lückhoff School - LUC 2009

​Die Afdeling Gemeenskapsinteraksie nooi alle nuwe en huidige akademiese en steundienspersoneellede  hartlik uit na ʼn gemeenskapsinteraksie-oriënteringsessie op 1 April 2015.

Met hierdie geleentheid wil ons deelnemers bekend stel aan gemeenskapsinteraksie as een van die kernfunksies van die Universiteit Stellenbosch (US). Die US is verbind daartoe om sosiale bewustheid en sosiale impak deel te maak van die beoefening van uitnemende onderrig-, leer- en navorsingspraktyke:

"Die Universiteit streef daarna om 'n uitnemende, relevante en gemeenskapsinteraktiewe universiteit te wees wat daartoe verbind is om 'n beduidende rol in Suid-Afrika, in Afrika en wêreldwyd deur middel van sy kernfunksies te speel. In ooreenstemming met internasionale neigings neem die Universiteit aktief deel aan die plaaslike en internasionale ontwikkelingsuitdagings terwyl sosiaal robuuste kennis geproduseer en burgerlikgeoriënteerde graduandi in 'n demokratiese bedeling afgelewer word" (US-beleid oor Gemeenskapsinteraksie, 2009) 

Personeel van die Afdeling Gemeenskapsinteraksie sal ʼn oorsig van gemeenskapsinteraksie aan die US bied en die wye verskeidenheid van geleenthede vir gemeenskapsinteraktiewe onderrig en leer, navorsing en vrywilligerdiens aan die US bekend stel. Ons sal ook die gemeenskapsinteraksie-opleidingsgeleenthede en ‑hulpbronne wat vir ondersteuningspersoneel beskikbaar is uitlig.

Datum: 1 April 2015
Tyd: 09:00-13:00
Plek:      LUC 2009

RSVP asseblief teen 26 Maart 2015 by Howard Gordon by howard@sun.ac.za.​