​​

SUNStudent-Banner-for-SU-Website-Larger.jpg​​

Sê vaarwel aan die swartskerm en maak kennis met...
  • ’n gebruikersvriendelike, webgebaseerde finansiële stelsel;
  • geoutomatiseerde finansiële transaksies volgens werksvloei;
  • verbeterde finansiële verslagdoening en ontledings; en
  • toegang tot die finansiële stelsel op enige tydstip en enige plek via jou webgekoppelde toestel!​
​​Met die implementering van ons nuwe, wolkgebaseerde finansiële stelsel – SUNFin – betree die US die opwindende wêreld van nuwe generasie- finansiële sagteware. ​​​

Wat is SUNFin?

SUNFin is die US se nuwe finansiële bedryfstelsel wat Oracle® Financials Cloud as besigheidsoplossing gebruik om die huidige inhuisontwikkelde Natural Adabas gebaseerde stelsel te vervang. SUNFin sal die US se finansiële funksionering moderniseer en 'n tegnologie platform verskaf wat voortgesette innovasie en toekomstige verbetering van die US se finansiële funksionering ondersteun. ​​​

Watter voordele hou SUNFin in?

Oracle® Financials Cloud is 'n omvattende, geïntegreerde en skaalbare finansiële bestuursoplossing . Hierdie nuwe, wolkgebaseerde stelsel hou die volgende voordele vir die US in:

  • vaartbelynde finansiële prosesse,
  • verhoogde produktiwiteitsvlakke, en
  • beter bedryfsbesluite danksy toegang tot intydse finansiële data en veelvlakkige ontledings en verslagdoening. ​​

​​
​​

Waarom
​SUNFin?

​Die volgende redes lig enleke aspekte uit waarom verandering noodsaaklik is:  

  • Ons huidige finansiële stelsel is in 1989 ontwikkel en het die einde van sy leeftyd  bereik. Dit kan nie doeltreffend onderhou en opgegradeer word nie, aangesien Natural (die programmeringstaal waarmee die stelsel geskryf is) nie meer aan tersiêre instellings ondersteun word nie. Die stelselvaardighede daarvoor is dus aan die krimp.
  • Volgens die US aanvaarde bestuursmodel van gedesentraliseerde verantwoordelikheidsentrums is elke fakulteit en departement vir sy eie finansiële volhoubaarheid verantwoordelik. Die huidige stelsel bied nie genoegsame steun in die doeltreffende uitvoer van dié model nie.
  • Ten einde effektiewe, ingeligte en doeltreffende institusionele besluite te kan neem, word akkurate, intydse data wat maklik met slim en gebruikersvriendelike ontledingsware en kontrolepanele bekom word, benodig.   ​
​ 


 

Wie bestuur die implementering van die projek?

Mnr Manie Lombard, Hoofdirekteur: Finansies, bestuur die implementering van die SUNFin-projek. Hy is ook voorsitter van die SUNFin Stuurkomitee, wat verteenwoordigers vanuit Finansies, Informasietegnologie, Fakulteitsbestuur, Inligtingsoorsigbestuur en die SUNStudent-projek insluit. Die Stuurkomitee word deur 'n projekbestuurspan bygestaan. 

Watter veranderings sal die nuwe stelsel meebring?

Met die implementering van enige nuwe stelsel aan die US behoort daar ook oor die impak daarvan  op ons mense en bedryfsprosesse besin te word. Hier volg 'n paar van die opwindende veranderinge wat SUNFin sal meebring:

  • Die nuwe koppelvlak is gebruikersvriendelik en webgebaseer.
  • Die, intydse interkommunikatiewe funksie- Oracle Social Networking , stel gebruikers in staat om met mekaar te kommunikeer. Sodoende kan onafgehandelde transaksies vinniger opgevolg en afgehandel word. 
  • Sigblaaie kan met SUNFin geïntegreer word om groot hoeveelhede data in te voer, en die stelsel kan verslae en tabelle met transaksies na Excel uitvoer vir verdere ontleding van groot hoeveelhede data.
  • Kragtige verslagdoenings- en ontledingsware bied aan bedryfsbestuurders en besluitnemers regstreekse, voortdurende insae. Begrotingsbestuurders kan met een oogopslag die saldo's en ondersteunende transaksies op begrotings, verbintenisse, verpligtings, uitgawes en beskikbare fondse sien.

SUNFin word nie op die US kampus gehuisves nie.  Toegang daartoe word verkry deur ʼn veilige kommunikatiewe protokol wat deur Oracle, as die huisvestingsgasheer, verskaf word.  ​

​ 

Wie is betrokke by die SUNFin-projek?

Die geslaagde SUNFin implementering sal afhang van die verbintenis en ondersteuning van die leierspan en die betrokkenheid van personeellede en studente. Die SUNFin-projekbestuurspan verseker dat die regte belanghebbendes op die regte tyd betrek en in die gepaste kennis en vaardighede opgelei word om te sorg dat alle SUNFin-gebruikers daartoe verbind en daartoe in staat is om die nuwe werkswyse aan die US te omarm. ​

​ ​







​​​​

Hoe lank sal dit neem om die SUNFin-stelsel in gebruik te neem?

Die voorgenome doeldatum waarop  SUNFin lewendig gaan is Januarie 2021. Gedurende die voorafgaande twintig maande sal die US nou saamwerk met sy projekvenoot, Visions Consulting om te verseker dat SUNFin toepaslik opgestel, integrasie in die tersaaklike stelsels ingebou, data geslaagd gemigreer en gebruikers betrek en behoorlik opgelei word om vaardig met die nuwe stelsel te wees.​

​Kontakbesonderhede​

Rig asseblief opmerkings, bekommernisse of vrae oor die deurvoering van die SUNFin-projek aan:​​
SUNFin-deurvoering: sunfin@sun.ac.za
Liesel Grobbelaar(Projekbestuurder) : lieselg@sun.ac.za 
 
Kom meer te wete:
 ​​ 



​​


​​