Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aktiviste, studente en personeel bespreek uitdagings vir LGBTQIA+ gemeenskap
Outeur: Nadine Christians and Keenen Gilbert
Gepubliseer: 07/10/2022

Aktiviste, studente en personeel het onlangs 'n hibriede paneelbespreking bygewoon wat fokus op die tema, Konfronteer die versperrings tot insluiting vir die LGBTQIA+ gemeenskap, wat aangebied is by die Universiteit Stellenbosch se Tygerberg-kampus. 

Die paneelbespreking is aangebied in samewerking met die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), die Gelykheid-eenheid en die Afdeling Studentesake (STS), met paneellede, personeel en studente wat verskillende temas verwant aan die uitdagings vir die LGBTQIA+ gemeenskap bespreek het. 

Die byeenkoms is ​​​​deur meer as 50 personeellede en studente bygewoon.

Die paneelbespreking het deel gevorm van 'n breër bewusmakingsveldtog wat ingesluit het LGBTQIA+ bondgenoot-ambassadeurvideo's wat vertoon is in die aanloop tot Pride Month in Oktober. Verskeie persoonlike boodskappe van solidariteit is opgeneem deur ambassadeurs wat insluit regter Edwin Cameron, Kanselier van die US; Alex Vink, voormalige SR-lid; prof Elmi Muller, Dekaan: FG​GW en Jaco Greeff Brink, Hoof van die Gelykheid-eenheid, en Fanelesibonge Ndebele, Medemenslikheid Module en Medemenslikheid ​Leerafrigter Module Koördineerder​.​

"Die Universiteit Stellenbosch erken die belang van die beplanning van 'n bewysgebaseerde veldtog met bydraes van personeel en studente van die LGBTQIA+ gemeenskap op die Stellenbosch- en Tygerberg-kampusse. Die veldtog is geloods om bewustheid te skep en om kritiese betrokkenheid by belangrike kwessies verwant aan die LGBTQIA+ gemeenskap te bewerkstellig," het me Khairoonisa Foflonker, Bestuurder: Studentesake by die FGGW,wat by die Tygerberg kampus gebaseer is, gesê. 

Paneellede het ingesluit Nicole Joy Alexander, Direkteur van die Pride Shelter Trust, Leon Coetzee, die nuutverkose voorsitter van SPECTRUM! en Elliott Kotze, sielkundige, navorser en LGBTQIA+ aktivis, wat almal deskundige insig verskaf het in verskillende kwessies wat insluiting van die LGBTQIA+ gemeenskap verhoed.

Om die perspektief van die studentegemeenskap te bring, het Coetzee gedagtes en ondervindings as queer studenteleier gedeel oor hoe bondgenootskap lyk op kampus deur dit te dekonstrueer van 'n queer perspektief en insig te verskaf oor eenvoudige maniere waarop studente en personeel  bondgenote kan wees deur “uit te praat, geleenthede aan te bied en die status quo uit te daag."

Coetzee het ook verwys na die belang van herdefiniëring van die betekenis van 'n “bondgenoot" te wees, eerder as 'n “heteronormatiewe identifiseerder".

“Gemeenskap is belangrik en [ons moet verstaan dat] queer liggame almal menslike wesens is wat fundamentele menseregte verdien," het Coetzee gesê.

Alexander het die kollig geplaas op die werk wat gedoen word deur die Pride Shelter Trust, 'n veilige tuiste en welstand-sentrum  wat fokus op LGBTQIA+ menseregte en geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika. In haar aanbieding het Alexandre gefokus op die toegang wat LQBTQIA+ persone het tot gesondheidsorg en veiligheid.

Sy het gepraat oor die uitdagings wat LBTQIA+ jeug in die gesig staar en hul stryd met lae self-beeld, werkloosheid, middelmisbruik, sielkundige onstabiliteit sowel as gesondheidsverwante kwessies soos MIV/Vigs, hormoonbehandeling en ander mediese kwessies. Sy het ook die persoonlike verhaal van 'n Pride Shelter inwoner gedeel en hul stryd en oorwinnings in die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel oorgedra as 'n voorbeeld van die werklikheid van die moeilike uitdagings wat queer individue in die gesig staar met toegang tot gesondheidsorg en veilig voel.

Kotze se aanbieding het gefokus op verbetering van die lewenskwaliteit van queer en geslagsdiverse individue deur die strategiese implementering van gemeenskapsgedrewe intervensies. Kotze se aanbieding het gehandel oor die geestesgesondheid-uitdagings van die LGBTQIA+ gemeenskap en hoe daar nie van die queer gemeenskap “verwag moet word om veerkragtig te wees" wanneer hulle gekonfronteer word met geestesgesondheid-kwessies nie. Sy afsluitingsboodskap was dat “radikale bondgenootskap" benodig word om die LGBTQIA+ gemeenskap te ondersteun en hy het die belangrike rol beklemtoon wat proaktiewe gesondheidsorgwerkers kan speel om die geestesgesondheid van die queer gemeenskap te verbeter.

Meer ambassadeur-video's sal gedeel word op sosiale media in Oktober vir Pride Month. Besoek dus die sosiale media-kanale van die Gelykheidseenheid en DSAf op Facebook en Instagram.