Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aanlyn psigometriese assessering
Outeur: Division for Student Access | Afdeling Studentetoegang
Gepubliseer: 04/06/2020

Voornemende studente word gekonfronteer met 'n wye verskeidenheid program- en loopbaanopsies. Dit is beslis 'n voorreg, maar ook soms 'n uitdaging wat tot heelwat kopkrap kan lei. Die Universiteit van Stellenbosch bied daarom ʼn professionele loopbaanadviesdiens aan, sodat ons voornemende studente sover as moontlik kan ondersteun om realistiese program- en loopbaankeuses te maak.

Wie kan van hierdie diens gebruik maak?
Hierdie diens word aangebied vir graad 11 en 12 leerders.

​Wat behels die diens?
Assesserings word by ons kantore in Stellenbosch, sowel as aanlyn aangebied. Assesserings by die kantoor sluit 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, ʼn 1 uur individuele terugvoersessie, asook 'n verslag met die resultate en aanbevelings, in. Laasgenoemde sal binne twee weke na die assessering per epos na jou gestuur word. Die assesseringsproses begin 8:30 tot 12:30 en 'n terugvoersessie in die middag (14:00-15:00 / 15:15-16:15), volg. Aanbevelings word gemaak op grond van die kliënt se unieke profiel en kan dus programme aan 'n verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word dus aangebied vir alle voornemende studente en nie slegs vir diegene wat aan die Universiteit van Stellenbosch wil studeer nie. Ons aanlynproses is presies dieselfde, behalwe dat ons platform Microsoft Teams is en aanlynweergawes van die psigometriese instrumente gebruik word. (Neem asseblief kennis dat die meeste van die psigometriese instrumente op die stadium slegs in Engels beskikbaar is.)

Koste van die diens: 
Die koste beloop R2350 per kliënt (Maandag - Vrydag) / R2900 per kliënt (Saterdag) . Die fooi is van toepassing op beide kantoor- en aanlynassesserings.

Vir besprekings, kontak asseblief:
csr@sun.ac.za / 0218084709

LET WEL: AS GEVOLG VAN DIE COVID-19 BEPERKINGS, KAN ONS ONGELUKKIG NIE OP DIE OOMBLIK AFSPRAKE MAAK VIR KANTOORASSESSERINGS NIE. 'n Kennisgewing sal op die webblad geplaas word indien dit weer moontlik is.

Belangrike inligting:

Ons is oop tydens skoolvakansies
- Assesserings word slegs per bespreking gedoen
- Ander dienste (bv. loopbaanvoorligting in skole, spesiale projekte en/of werkswinkels) word ook gelewer. Die koste word bepaal deur die aard van die projek.
- ​Ons assesseer slegs 15-21 jariges