Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-onderriggenote ontvang erkenning
Outeur: Dr Karin Cattell-Holden
Gepubliseer: 24/01/2019


Vyf US akademici, almal uitmuntende genote van onderrig, is onlangs vir die voltooiing van hul Onderriggenootskappe vereer. Professors Elmarie Costandius (Department van Visual Arts, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe), Ian Nell (Department van Praktiese Teologie en Missiologie), Fakulteit Teologie ), Dana Niehaus (Department van Psigiatrie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe), Nicola Plastow (Afdeling Arbeidsterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe) and Geo Quinot (Departement van Publiekreg, Fakulteit Regsgeleerdheid) wat hul genootskappe tussen 2011 en 2017 voltooi het, het almal sertifikate ontvang by die jaarlikse Toekennings vir Voortreflike Onderrig en Navorsing wat in Desember verlede jaar by STIAS gehou is.

Die US-onderriggenootskapskema bied voortreflike opvoeders en vakkundiges in onderrig en leer die geleentheid om meer dikwels vir volgehoue tydperke, en met verskeie ondersteuningsmiddele, op aspekte van vernuwing, verkenning en verspreiding van goeie praktyk in departemente en fakulteite te fokus.

Prof Arnold Schoonwinkel, Viserektor: Onderrig en Leer, wat die sertifikate oorhandig het, het die geleenthede beklemtoon vir US-dosente om as deel van die professionalisering van hul onderrigrol ook onderrignavorsing te onderneem. Voorbeelde van sodanige geleenthede is die jaarlikse SoTL-konferensie en die Fonds vir Innovering en Navorsing in Leer en Onderrig (FINLO)-skenkings. Prof Schoonwinkel het akademici se professionele onderrigreis 'n “progressiewe roete" genoem wat tot 'n US-onderriggenootskap en, uiteindelik, tot die nasionale genootskap vir Teaching Advancement at University (TAU) kan lei. Hy het ook die komplementêre verhouding tussen onderrig en leer en navorsing beklemtoon. Hy het na onderrig as 'n integrale deel van die US as 'n navorsingintensiewe universiteit verwys en gesê “navorsing oor hoe om goed te onderrig is net so belangrik as navorsing oor jou vak waarin jy onderrig."

Die huidige onderriggenootskapontvangers is:

  • Prof Ingrid Rewitzky (Visedekaan: Onderrig en Leer, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  • Dr Elize Archer (Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Dr Berna Gerber (Afdeling Spraak‐, Taal‐ en Gehoorterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Me Marianne McKay (Departement Wingerd‐ en Wynkunde, Fakulteit AgriWetenskappe)
  • Dr Michael Schmeisser (Departement Hortologie, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  • Dr Marianne Unger (Afdeling Fisioterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)

Enige vrae oor die Onderriggenootskappe kan aan dr Karin Cattell-Holden, kcattell@sun.ac.za of X 3074, gerig word. Meer inligting oor die SoTL-konferensie en die FINLO -skenkings is op die Sentrum vir Onderrig en Leer se webwerf by http://www.sun.ac.za/ctl beskikbaar.

 

Op die foto: Prof Arnold Schoonwinkel met (van links)prof Dana Niehaus, prof Nicola Plastow
prof Elmarie Costandius en prof Ian Nell. Onder regs: prof Geo Quinot (wat uitstedig was op die dag van die seremonie)