Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Safe Seas Delegates Nairobi
Outeur: Professor Francois Vreÿ
Gepubliseer: 09/03/2018

​Die Safe Seas Projek word deur die British Academy befonds. 'n Beste praktyke handleiding is op 2 Maart 2018 in Nairobi bekendgetel. Deelnemende universiteite was: Cardiff en Bristol universiteite waar die primêre navorsers van die projek gesetel is, Universiteit Stellenbosch (SIGLA), Nairobi  Universiteit en Universiteit van Seychelles in Victoria. SIGLA het 9-10 Desember 2017 'n boekbespreking vir skrywers van Cardiff, Bristol, Nairobi, Seychelles, Stellenbosch, Pakistan, Somalië en Djibouti gefassiliteer​. Die boek verskyn teen die middel van 2018. Die beste praktyke handleiding bied 'n reeks voorstelle vir lande wat sukkel om hul maritieme landskap te beveilig. Sien http://www.safeseas.net/safeseas-best-practice-toolkit-published/​ Die boek gee 'n teoretiese oorsig van veiligheid en kapasiteitsbou op see, asook verskeie gevallestudies van lande in veral die Westelike Indiese Oseaan. SIGLA het prof Christian Bueger, projekleier, vir 2 maande gehuisves om die beste praktyke handleiding te voltooi en die bekendstelling van stapel te stuur.