ʼn Groep van Essec Bestuurskool was onlangs by die USB as deel van hul Algemene Bestuursprogram.
Martin Butler het die klas gefasiliteer oor innovasie in Afrika. Hy het die die volgende definisie gebruik om innovasie te beskryf: "Mense wat nuwe idees implementeer om waarde te skep."
Hy sê innovasie speel ʼn belangrike rol om te help om Afrika se probleme op te los. Kenia het die wêreld se hoogste persentasie van mobiele bankverbruikers, met 68% van volwassenes wat hul telefone gebruik om mobiele betalings te maak.
Die groep van 15 studente, wat deur programdirekteur Caroline Frarier vergesel is, is aan ʼn aantal Afrika-innovasies blootgestel. Drie innovasies wat veral uitgestaan het onder die groep, was:
M-pesa: 'n Finansiële diens op jou selfoon met meer as 19 miljoen intekenare. Mobiele lugtyd word as ʼn geldeenheid gebruik en geld word intyds oorgeplaas na individue en ondernemings.
Backtracker (iKubu): Hierdie produk is deur ʼn USB MBA-alumnus, Franz Struwig, ontwikkel. ʼn Lae-energie fietsradar waarsku fietsryers van motors wat van agter af aankom en maak motoriste ook bewus van die fietsryers.
SnapScan: Nog ʼn selfoon-betaalstelsel waar die gebruiker ʼn toepassingaflaai en sy of haar bankkaart registreer om betalings mee te maak.
Vikash Kinnoo (foto), sê mobiele geld is 'n voorbeeld van hoe tegnologie gebruik word om die minder-bevoorregte mense te help. "Sonder mobiele geld sou hulle nie deel van die ekonomie gewees het nie," sê hy oor die een innovasie wat vir hom uitgestaan het.
Butler het afgesluit deur te sê dat "Afrika ʼn vasteland vol geleenthede is en as jy goeie idees het, is Afrika die plek om te wees".