Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) konferensie in lewende lywe
Begin: 03/10/2023, 10:00
Einde: 01/11/2023, 10:00
Kontak:Magriet De Villiers - (021) 808 9905
Plek: Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS)
Die jaarlikse Universiteit van Stellenbosch (US) Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) konferensie sal plaasvind op 31 Oktober en 1 November, met voorkonferensie werkswinkels op 30 Oktober 2023. Ons is opgewonde om aan te meld dat die konferensie in lewende lywe sal plaasvind, aangebied by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studies (STIAS).

Hierdie jaar se konferensie tema is “Akademiese Hernuwing vir Transformerende Onderrig-Leer-Assessering in Diens van die Samelewing". Die hoofspreker is Professor Chrissie Boughey, ʼn afgetrede (2019) Rhodes Universiteit Adjunk-visekanselier: Akademiese en Studentesake.

Ons kondig graag ʼn bykomende voorkonferensiewerkwinkel aan. Die Taalsentrum bied aan: 'Hoe meertaligheid gemeenskappe bou: ʼn Blik op akademiese ruimtes’. Die doel van die werkwinkel is om saam maniere te vind om taalverwante klaskamer-gebaseerde scenario’s holisties te bestuur, met ʼn fokus op waardes, gelei deur ʼn meertalige ingesteldheid. Hierdie werkwinkel sal baie ooreenstem met die 2023 Taaldag-werksessie. Ons volg ʼn samewerkende, nievoorskriftelike benadering en skep daardeur ʼn ruimte vir jou om te deel wat jy reeds in die klaskamer doen wat meertaligheid betref en om nuwe idees van kollegas in soortgelyke kontekste te kry.

Indien jy belangstel, besoek asb. die AvOL webtuiste vir meer inligting en ʼn gids oor hoe om jou huidige registrasie te verander, indien nodig. Registrasies sluit 17 Oktober. Vir enige verdere navrae, kontak asb. vir Magriet de Villiers by sotl@sun.ac.za.