Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Om aanlyn nagraadse toesig te vermenslik: Besinning oor studenteondervindings tydens die inperking
Begin: 13/04/2021, 12:45
Einde: 13/04/2021, 13:45
Kontak:Lucy Lucks - 021 808 3717
Plek: MSTeams during lockdown.

Onderwerp

​​Om aanlyn nagraadse toesig te vermenslik: Besinning oor studenteondervindings tydens die inperking

Toesig oor nagraadse navorsing is ʼn komplekse aktiwiteit wat behels dat studente ondersteun moet word terwyl hulle deel word van, en ʼn bydrae lewer tot, ʼn kundigheidsgemeenskap. Navorsingstudies dui aan dat hierdie toesigproses dikwels vol spanning is, wat moontlik die toesigverhouding, die sukses of uitsak van die nagraadse kandidate, hoe goed hulle in die kundigheidsgemeenskap opgeneem word, en hulle ontwikkeling as onafhanklike navorsers, kan beïnvloed. Navorsing toon ook dat hierdie spanning dikwels vererger word in Suid-Afrika se hoër onderwys, weens die land se unieke geskiedkundige konteks en die invloed van hierdie geskiedenis op die nagraadse demografie in verskillende dissiplines.

In hierdie aanbieding maak ek gebruik van ʼn navorsingsopname wat tydens die Covid-19-inperking onder studente by drie Suid-Afrikaanse universiteite gedoen is, en neem die groter kompleksiteit van die toesigverhouding tydens hierdie tydperk in oënskou. Deur die lens van Gee (2008) se konsep van gesprekvoering, stel ek ʼn vermenslikende benadering tot nagraadse toesig voor. Hierdie benadering poog om nagraadse vakkundiges te erken as unieke individue wat uit verskillende kontekste in die nagraadse omgewing inkom en verskillende maniere van in die dissipline weet en wees met hulle saambring, en dus verskillende vorms van opname in die​​ kundigheidsgemeenskap vereis. Ek neem die rol van tegnologie ter ondersteuning van hierdie vermenslikende onderrigmetodiek tydens die inperkingstyd in oënskou.​


Die Spreker

Dr Nompilo Tshuma is ʼn dosent en navorser by die Sentrum vir Hoër en Volwassene-onderwys. Sy werk reeds sedert 2005 as dosent en as ʼn akademiese ontwikkelaar met opvoedkundige tegnologie. In haar huidige rol is sy die institusionele koördinator vir ʼn streeksgebonde Nagraadse Hoëronderwysdiploma. Sy onderrig ook modules in die Sentrum se twee MPhil-programme en dien as studieleier vir magisterstudente en as promotor vir PhD-studente. As navorser in opvoedkundige tegnologie, maak sy gebruik van maatskaplike en kritiese teorieë om die konteks en politiek van hoër onderwys en die impak daarvan op opvoedkundige-tegnologiepraktyke te verken.

Waar

MSTeams tydens Covid-19 inperking.  Dis nie nodig om te bespreek nie.  Klik op die skakel om aan te sluit by MSTeams​:  

Click here to join the meeting 
Join with a video conferencing device
529319312@t.plcm.vc
Video Conference ID: 127 845 272 4
Alternate VTC dialing instructions


Navrae: gdullaart@sun.ac.za​
of
Lucy Lucks
llucks@sun.ac.za
021 808 3717


Lees meer oor Auxin hier

Gebruik die Auxin hulbronne hier