Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mandela Dag - Personeel- en studentewelstandervaring
Begin: 25/07/2023, 11:00
Einde: 25/07/2023, 14:00
Kontak:Chevaan Peters - 0218089140
Plek: Endler Foyer, Conservatorium

​'n Welswees‑ervaring vir personeel en studente is van 11:00 tot 14:00 beskikbaar. Dit behels 'n interaktiewe sifting waar kernliggaamsmetings en bloedtoetse uitgevoer word. Welwees‑siftings is belangrik aangesien 'n mens jou huidige gesondheids‑ en lewenstylrisiko's kan bepaal en raad kan bekom oor hoe om die geïdentifiseerde risiko's te hanteer.

In 'n poging om ons te help om 'n aangename ervaring te verseker, dui asseblief jou belangstelling aan deur hier te klik of bespreek nou jou sitplek vir die Discovery Welsweeservaring.

Al wat jy moet weet

  • Bring jou mediesefondskaart en ID of rybewys saam
  • Trek gemaklik aan – vir sommige ondersoeke moet jy kaalvoet wees (geen sokkies of kouse nie)
  • Vul die voorafassesseringsvraelys in voor jy die Discovery Welweeservaring bywoon. Jy sal ʼn skakel na die vraelys saam met jou besprekingsbevestiging ontvang. 

Studentewelstand

Vanaf 12:30 tot 13:30 lewer die Direkteur: Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, mnr. Charl Davids, 'n kort boodskap aan personeel en studente ter ondersteuning van welwees en word die vul-'n-boks-/trollie-inisiatief bekend gestel wat die voedselonsekerheid van studente op US‑kampusse wil verlig.