Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
OPEDAGWEBTUISTE: 1 April-31 Julie 2023
Begin: 01/04/2023, 08:30
Einde: 01/04/2023, 15:00
Kontak:Division Student Recruitment - 0218089111
Plek: https://blogs.sun.ac.za/open-day/

​Op die Universiteit Stellenbosch se opedagwebtuiste kry jy ál die inligting wat jy nodig het oor ons instelling, op een gerieflike plek.

Wees proaktief en besoek die webtuiste om meer uit te vind oor ons studieprogramme, toelatingsvereistes, huisvesting, finansiële bystand, en hoe om aansoek te doen.

Wat is alles op die webtuiste te kry?

Die opedagwebtuiste bestaan uit virtuele stalletjies waar jy na inligtingsessies sal kan kyk, brosjures en dokumente kan aflaai en met 'n adviseur kan gesels.

Alle video's en inligting sal op aanvraag beskikbaar wees, waar en wanneer dit jou pas.

Sodra jy op die webtuiste is, sal jy die volgende opsies sien:

  • Rektorsverwelkoming
  • Kampustoer
  • Stellenbosch in 'n neutedop
  • Wat jy kan studeer
  • Wat jy moet weet
  • Studentelewe
  • Loopbaanadvies

Moenie dié geleentheid misloop nie!

Sluit aanlyn by ons fakulteitspersoneel aan en kry antwoorde op gereelde én nuwe vrae. Wag vir die betrokke fakulteit se geskeduleerde tydgleuf en stuur dan jou vrae per WhatsApp na 083 792 1207.

Datum: 1 April 2023
Tyd: 08:30-15:00
Laai die program af: https://bit.ly/3lI9qE6

Onthou, aansoeke om in 2024 by die Universiteit Stellenbosch te studeer open op 3 April 2023.

Vir verdere inligting, gaan na www.maties.com of kontak ons op een van die volgende maniere: 

📱 WhatsApp “hi" na 061 729 8858
☎ Bel ons by 021 808 9111
📧 Stuur 'n e-pos na info@sun.ac.za