Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties in NY - netwerkgeleentheid met prof Madonsela
Begin: 23/04/2019, 17:00
Einde: 23/04/2019, 21:00
Kontak:Marvin Koopman - 021 808 9265
Plek: ING Bank, 1133 Avenue of the Americas, New York-stad (onthaal op tiende verdieping).

​Die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge nooi Maties wat in die stad New York woon en werk, sowel as vriende van die Universiteit in die state New York, New Jersey en Connecticut, na ’n informele skemerkelkonthaal. 

Prof Thuli Madonsela, die voormalige Suid-Afrikaanse Openbare Beskermer en tans bekleër van die Regsfakulteittrust se navorsingsleerstoel in maatskaplike geregtigheid, sal ook teenwoordig wees. By hierdie spesiale geleentheid sal gaste dus ou vriendskapsbande kan verstewig, nuwe netwerke kan opbou en boonop direk kan skakel met prof Madonsela sowel as prof Nicola Smit, ons Dekaan: Regsgeleerdheid.
 
Datum: Dinsdag 23 April 2019
Plek: ING Bank, 1133 Avenue of the Americas, New York-stad (onthaal op tiende verdieping).
Tyd: 17:00–20:30
Spesiale gaste: Proff Thuli Madonsela en Nicola Smit

  • Plek is beperk, so RSVP teen 18 April 2019 om jou bywoning te bevestig. Klik hier om te RSVP. Sluit gerus ook enige spesiale dieetvereistes by jou RSVP in. Enige verdere navrae kan direk aan Marvin Koopman gerig word by alumni@sun.ac.za.