Aanlyn Leer En Onderrig-Ondersteuning Vir Studente

SUNLearn Tegniese-ondersteuning:

Aanlyn hulptoonbank
021 808 2222

IT-verwante Tegniese-ondersteuning:

Aanlyn hulptoonbank
help@sun.ac.za
021 808 4367

Hulp met aanlyn leer

Meer inligting oor hoe aanlyn te leer en waar om ondersteuning te kry, is beskikbaar hier.

Studentekonnektiwiteit en inligting oor Rekenaargebruikersareas

Meer inligting oor aanlyn verbinding, is beskikbaar hier.

Taalondersteuning

Besoek asb die Taalsentrum se webwerf vir beskikbare taalondersteuning.

Ondersteuningsdienste

Biblioteek

Biblioteekbronne en -dienste vanaf 6 Julie 2020: Biblioteekpersoneel sal voortgaan om dienste en hulpbronne te verskaf ter ondersteuning van studente en personeel. Klik hier on meer te lees

Studentevoorligting en -Ontwikkeling (SSVO)-ondersteuning

Die Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling (SSVO) funksioneer van 17 Maart tot verdere kennisgewing virtueel, wat beteken dat geen personeel by die SSVO se persele op die Stellenbosch- en Tygerberg-kampusse beskikbaar sal wees nie. Alle sessies sal egter hoofsaaklik virtueel of telefonies voortgesit word.

Bereik die SSVO hier:

  • Akademiese ondersteuning en -ontwikkeling – 021 808 4707 / studysuccess@sun.ac.za
  • Emosionele ondersteuning en noodgevalle – 021 808 4994 / supportus@sun.ac.za
  • ER24-noodlyn vir noodgevalle (dag en nag) – 010 205 3032
  • Besoek die SSVO webwerf vir meer inligting.
  • Vir meer akademiese ondersteuningshulpbronne, klik hier.

Studente met gestremdhede wat dalk mag onseker wees van ondersteuning, kan navrae rig soos volg:

  • Vir navrae in verband met toets- en eksamenkonsessies, epos skryftyd@sun.ac.za
  • Vir navrae in verband met teks-omskakeling of toeganklike teks vir assesserings, leer- en onderrigmateriaal, epos braille@sun.ac.za
  • Vir aansoeke tot toets- en eksamenkonsessies ( Vorm 1, Vorm 2 & Vorm 3), voltooide vorms met die nodige kollaterale inligting kan gestuur word na skryftyd@sun.ac.za
  • Vorm 1, Vorm 2 and Vorm 3, wat gebruik word om aansoek te doen vir toets- en eksamenkonsessies, kan hier gevind word
  • Vir navrae in verband met Ondersteuning deur Hulpverleningstegnologie, epos rlr@sun.ac.za.
  • Enige ander gestremdheids-verwante navrae kan gestuur word na disability@sun.ac.za of na die individuele praktisyn by die Eenheid vir Gestremdhede waarmee jy in kontak was voor die COVID-19 periode.
Dienste aan die publiek in Admin A

Om die risiko van virusoordrag te beperk, sal alle administratiewe dienste aan die publiek in Admin A elektronies verrig word. Ons versoek studente om ons 24/7 digitale oplossings via die aanlyn studenteportaal te gebruik en om van die kommunikasie- en dienskanale te gebruik