Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Feite en statistiek

‘n Totaal van 27 823 studente was op die US se amptelike jaarlikse sensusdatum in 2012 (Junie 2012) by die US ingeskryf. Die studente-inskrywings het met 1.3% van 2011 tot 2012 gedaal. Die 9 853 nagraadse studente verteenwoordig 35.4% van alle studente. Die 18 602 wit studente maak 66.9% van die studentetal uit...

 
Lees meer >
Rektor en Visekanselier

​Prof H Russel Botman is in 2007 deur die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) aangestel as rektor en visekanselier, en in 2012 heraangestel vir nog 'n vyfjaar-termyn.

 
 
Kampusse

​Die hoofkampus op die skilderagtige universiteitsdorp, Stellenbosch, in die hart van die Wes-Kaapse wynlande, is 'n groot trekpleister vir studente. Stellenbosch is ongeveer 50 kilometer vanaf Kaapstad en ongeveer 30 km van die Kaapstad Internasionale Lughawe.

 
Lees meer >

Geskiedenis

Die geskiedenis van die Universiteit Stellenbosch (US) strek sover terug as die 17de eeu toe gereelde skoolonderwys in 1685 op die dorp Stellenbosch begin het. Met die stigting van die Teologiese Seminarium van die Nederduits Gereformeerde Kerk in 1859 het hoër onderwys op die dorp wortel geskiet. In Desember 1863 is die grondslag gelê vir die oprigting van die Stellenbosch Gimnasium wat in 1866 gestalte gekry het.

 
Lees meer >
Fakulteite

Die US het 10 fakulteite: AgriWetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Ingenieurswese, Krygskunde, Lettere en Sosiale Wetenskappe, Natuur-wetenskappe, Opvoedkunde, Regsgeleerdheid en Teologie.

 
Lees meer >
Diversiteit en Transformasie

Die Universiteit Stellenbosch (US) streef na 'n verwelkomende kampuskultuur waar studente, personeel en besoekers tuis sal voel, ongeag hul herkoms, etnisiteit, taal, geslag, godsdienstige en politieke oortuigings, sosiale klas, gestremdheid of seksuele oriëntasie. Dit sluit onder meer in die skep van 'n multikulturele omgewing waar verskillende kulture ontmoet en van mekaar kan leer.

 
Lees meer >

Verwante Skakels