Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Fasiliteitsbestuur moedig alle personeel en studente aan om op Maandag, 14 Oktober 2024 hul elektroniese afval of e-afval kampus toe te bring, waar hulle van 12h00 tot 14h00 'n e-afval veldtog op die Rooiplein gaan aanbied.
Kyk uit vir die geel vullisdromme op die Rooiplein Maandag en by nog 'n paar lokale (sien onder) op kampus. Bring al jou ongewenste en gebruikte elektriese en elektroniese toerusting en onderdele wat jy nie meer gebruik nie. Jy kan ook jou ou batterye, stukkende laaikabels, en enige toestel wat nie 'n US-batenommer het nie – selfs toerusting uit jou eie huis, saambring.
Vind nog e-afval vullishouers hier:
• Die ITC-gebou, Hammandshand Rd, by die afleweringsingang
• Die IT-hub by die sy-ingang van die Admin A-gebou.
• Fasiliteitsbestuur se kantore tussen Dagbreek en Huis Visser (langs die tennisbane)
• Sportwetenskappegebou by die rolstoelvriendelike ingang aan die agterkant van die gebou
• Algemene Ingenieursgebou
Maak asseblief seker dat jy al jou data van jou toestel se hardeskyf afvee voordat jy jou elektroniese toestelle herwin.
Wees verantwoordelike verbruikers en doen jou deel om teen 2026 geen afval meer na stortingsterreine stuur om so 'n gesonder omgewing te skep.
Vir verdere navrae
Christine Groenewald
clgroenewald@sun.ac.za
M 084 270 4489