Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
RSVP nou – praktiese werksessie oor US-waardes op Tygerberg-kampus
Werkswinkels skakel US-waardes oor in aksie en dade
Die waardes van die Universiteit Stellenbosch (US) hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig. Dit verskaf die goue standaard vir die soort gemeenskap wat ons graag wil wees. Daarom moet hierdie waardes – uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en verantwoordbaarheid – deel uitmaak van hoe ons optree, by mekaar aansluiting vind, besluite neem en etiese uitdagings hanteer.
 
Die Universiteit se Waardes in Aksie-werkswinkels is daarop gemik om personeel en studente toe te rus om waardegedrewe gedrag en leierskap te verpersoonlik.
 
Temas en vaardighede
Die basiese waardes-in-aksie-werkswinkel stel deelnemers in staat om ’n algemene begrip te kry van die soort universiteitsgemeenskap wat ons graag wil wees, en om vaardighede aan te leer om moontlike waardebotsings te bestuur.
 
Die volgende temas word by die werkswinkel bespreek:
• Die betekenis van waardes;
• Waardebotsings en hoe om dit op te los;
• Hoe om waardes in ons optrede en hoe ons by ander aansluiting vind, te integreer; en
• Die integrasie van waardes deur leierskap en spanwerk.
 
US-personeel van al die kampusse word hiermee hartlik uitgenooi om een van die voldag-werkswinkels by te woon. Oop werkswinkels is beskikbaar vir alle personeel – dit maak interaksie tussen uiteenlopende individue in verskeie omgewings moontlik.
 
Datums – Tygerberg en Stellenbosch
Oop werkswinkels word op die volgende datums aangebied:
• Donderdag 3 Oktober 2024 (Tygerberg-kampus)
• Donderdag 10 Oktober 2024 (Stellenbosch)
 
RSVP nou 
• Bevestig asseblief bywoning vir die werkswinkel op die Tygerberg-kampus teen Donderdag 26 September 2024 om 11:00.
• Bevestig asseblief bywoning vir die werkswinkel op Stellenbosch teen Donderdag 3 Oktober 2024 om 11:00.
• Stuur asseblief ’n e-pos aan Jacolette Kloppers by jacolette@sun.ac.za en dui ook enige dieetvoorkeure aan.
 
Werkswinkels duur van 08:00 tot 16:30 en middagete en verversings word verskaf. Meer besonderhede word aan deelnemers gestuur.
 
Meer inligting
• https://www.sun.ac.za/afrikaans/staffnet/Pages/Values-in-action.aspx
• https://www.sun.ac.za/afrikaans/staffnet/Pages/Basic-values-in-action-workshop.aspx