Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tweede weergawe: aanlyn aanboordprogram

Die Universiteit Stellenbosch bied weer in Desember 2021 'n aanlyn aanboordprogram aan vir alle eerstejaars wat voorlopig toelating gekry het. Alles wat studente moet weet oor die US en hul fakulteit, kan hulle hier kry! (Neem asseblief kennis dat toelating tot hierdie program nie beteken studente is aanvaar as 'n student by die US nie.) 

Die program is op SUNLearn beskikbaar vanaf 13 Desember 2021. 
Die volgende onderwerpe (behalwe vir die fakulteit en programspesifieke inligting) word verduidelik:
 
Maak die beste van jou 24 uur (tydsbestuur)
Geniet 'n opwindende universiteitslewe (sukses en welstand)
Met die gety saam (stresbestuur)
Munt uit in jou studie (eksamen- en studievaardighede)
Geldsake (finansiële geletterdheid)
Lees soos 'n kenner (akademiese leeswerk)
Wees die beste student wat jy kan wees (I-FlourishWell4Life-program)
 
In 'n uitgebreide vraag‑en‑antwoord‑afdeling gaan studente antwoorde op vele van hulle vrae oor die US vind en selfs hulle eie vrae kan plaas. Video's van studente wat vertel hoe hulle die universiteitslewe beleef, 'n virtuele kampustoer, en inligting oor beskikbare steun is maklik bekombaar. Studente sal ook kan kennis maak met van die mentors by US. 

Vanaf 13 Desember kan studente hier klik (https://learn.sun.ac.za/course/view.php?id=65391 ) om toegang tot die program te verkry.

​Indien jy enige vrae oor die aanboordprogram het, stuur 'n e-pos na:  onboardingsu@sun.ac.za.

http://www.sun.ac.za/afrikaans/welcome/Pages/Online-Onboarding.aspx