Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​Aansoeke vir befondsing van verdere studies in 2022

​US-personeel (permanente aanstellings) wie dit oorweeg om verder te studeer in 2022 en wie wil aansoek doen vir befondsing in hierdie verband, word uitgenooi om hul aansoeke vir befondsing per epos te stuur aan Alvira Albertus (alviraa@sun.ac.za) by Menslike Hulpbronne. 

Die sluitingsdatum vir alle nuwe aansoeke is 30 November 2021. US-personeel wat reeds deur ons befonds word, en wie van plan is om volgende jaar voort te gaan met hul studies het tot 8 Februarie 2022 om heraansoek te doen.

Let wel:
1 . Slegs aansoeke met betrekking tot voorgraadse studies sal oorweeg word en spesifiek vir personeellede wat nie 'n formele voorgraadse kwalifikasie het nie.
2 . Ons oorweeg ook versoeke vir befondsing vir formele vaardigheidsprogramme wat lei tot 'n amptelike sertifikaat / diploma.
3 . Individue moet eers hul lynbestuurders nader, wie 'n motivering moet skryf met betrekking tot die toepaslikheid van die kwalifikasie / vaardigheidsprogram in terme van die individu se huidige posisie, persoonlike ontwikkeling, die toepaslikheid binne die breër

     omgewing en / of die breër Universiteit .
4 . Dit is noodsaaklik dat inligting oor die kwalifikasie en instansie waar u beplan om te studeer, sowel as die koste, duur, u motivering en u bestuurder se motivering, u aansoek sal vergesel.
5 . Menslike Hulpbronne oorweeg alle aansoeke na die sluitingsdatum (met inagneming van beskikbare fondse, die lynbestuurder se motivering en die toepaslikheid van die studies tot die individu se werkplek.
6 . Alle individue sal in kennis gestel word van die uitslag van hul aansoek.
7 . Menslike Hulpbronne sal 'n kontrak aangaan met die individu met betrekking tot die terme en voorwaardes sowel as fondse toegeken.


As u enige vrae het, moet asseblief nie huiwer om vir Alvira Albertus (alviraa@sun.ac.za / 021 808 2966 ) of Jan Knight (jkn@sun.ac.za / 021 808 9534 ) te kontak nie.