Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Leksikografiestudent ontvang gesogte Kanadese navorsingstoekenning
Outeur: Departement Afrikaans en Nederlands
Gepubliseer: 15/05/2023

Me Mmanape Hlungwane, 'n PhD-student in die Departement Afrikaans en Nederlands, het onlangs die gesogte MITACS Globalink Navorsingstoekenning ontvang. Hierdie toekenning ondersteun navorsingsamewerking tussen Kanada en spesifieke vennootondernemings in ander lande. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting is een so 'n vennoot.

Die toekenning sal Mmanape in staat stel om vir vyf maande by die Universiteit van Montreal, Kanada, aan te meld. Hier sal sy in die Departement Linguistiek en Vertaling navorsing onder toesig van prof Marie-Claude L'Homme doen. Dié navorsing oor aanlyn vakleksikografie in Afrikatale dra by tot haar PhD in Leksikografie.

Mmanape het drie grade by Wits voltooi voordat sy 'n Matie geword het. Sy het in 2021 by Stellenbosch vir 'n PhD ingeskryf. Onder die studieleiding van die welbekende leksikograaf prof Rufus Gouws ondersoek sy 'n model vir 'n aanlyn Noord-Sotho taalwetenskaplike spesiale vakwoordeboek vir gebruik in die hoëronderwyskonteks.