Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
“Ek hou van die veelsydigheid van my werk,” sê geologie-alumnus
Outeur: Laura van Laeren (Faculty of Science: Media and Communication)
Gepubliseer: 22/04/2022

​“Ontwikkel strategieë om die beste oplossing vir 'n probleem te vind – daar is geen een-grootte-pas- almal oplossings nie." Nonvo Kasolo, BScHons in Geologie

Nomvo Kasolo het in 2019 'n BSc in Aardwetenskappe aan die Universiteit Stelenbosch verwerf. Hierop het 'n HonsBSc in Geologie aan die Universiteit van Kaapstad gevolg. Nomvo is tans werksaam as 'n raadgewende analis by Frost & Sullivan Africa.

Haar rol as analis behels die insameling van data van primêre en sekondêre bronne, asook die daaropvolgende verfyning van data en die ontleding daarvan. “As maatskappy fokus ons op nege verskillende sektore, maar tot nou toe is my werksondervinding in die mobiliteits- en logistieke sektor (vervoer, voorsieningskettingbestuur), geboude infrastruktuur en energie en omgewing," sê Nomvo.

“Benewens raadgewende projekte, dryf Frost & Sullivan die strategie, markintelligensie en denkleierskapkomponent, wat beteken dat ek weekliks denkleierskapartikels skryf en publiseer oor ontwikkelings in die sektore waarop ek fokus ten einde markspelers in te lig en te adviseer."

Sy werk in samewerking met die senior konsultante, haar bestuurspan en hulle medewerkers, in wat sy beskryf as 'n oop, interaktiewe en stimulerende omgewing. Haar gunsteling aspek van die industrie waarin sy werk is die veelsydigheid wat dit van haar vereis: “Groei en innoverende werk is een van ons maatskappy se fokusareas. Jy moet voortdurend vining leer en groeistrategieë toepas oor verskillende sektore heen."

Die maatskappy se leuse is ook “Helping Africa Grow": “om elke dag te weet dat die insette wat ons lewer, ontwikkeling op die vasteland dryf, is vir my die beste deel van my werk," voeg sy by.

Sy sê haar opleiding aan die Universiteit Stellenbosch het haar gehelp om krities te dink en effektief in haar werk te wees. Sy het ook groot waardering vir die vele hulpbronne tot die studente se beskikking soos die biblioteek, skryflaboratoriums en rekenaarklasse.

“Die Universiteit Stellenbosch het goed gevaar om dialoë oor persoonlike groei, transformasie en loopbaanontwikkeling te inisieer, wat gehelp het in die skep van jou persoonlike handelsmerk en om by die professionele sektor betrokke te raak deur jou van geleeenthede ná graduering bewus te maak," sê sy.

Nomvo moedig studente aan om betrokke te raak by groei-gesentreerde besprekings ten einde 'n breeë begrip te ontwikkel van hoe verskillende sektore en ekonomieë onderling verbind is en funksioneer. “Vra vrae en bly altyd nuuskierig," voeg sy by. “Maak foute, tel dan jouself op en benader die uitdaging op 'n meer intelligente manier. Ontwikkel strategieë om die beste oplossing vir 'n probleem te vind.  Daar is geen een-grootte-pas-almal oplossing nie. Met genoeg oefening sal jy 'n meer analitiese benadering ontwikkel."

Klik hier om meer #100loopbane in die natuurwetenskappe-artikels te lees.