Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe US lesingsreeks bekendgestel: Forward with Research Impact
Outeur: Division for Research Development
Gepubliseer: 16/08/2019

Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) bied in samewerking met die Universiteitsmuseum `n nuwe lesingsreeks, Forward with Research Impact, aan. Dit sal op `n weeklikse basis vanaf 21 Augustus 2019 tot 20 November 2019 by die Universiteitsmuseum aangebied word en bestaan uit `n reeks middagete gesprekke/lesings wat fokus op die Universiteit se strategiese tema Navorsing met Impak. Navorsing met Impak impliseer die wetenskaplike, ekonomiese, akademiese en kulturele impak van ons navorsing. Ons fokus is op interdissiplinêre navorsing waarby die samelewing kan baat vind op `n nasionale, kontinentale en globale vlak. Terselfdertyd is die US verbind tot die uitbou van basiese en dissiplinêre navorsingsuitnemendheid, aangesien dit die basis vorm van toegepaste navorsing. Ons sterk fokus op Navorsing vir Impak word gesteun deur die werk van ons Navorsingsleerstoele, Sentrums van Uitnemendheid en ander eenhede, buro`s en institute. Hierdie navorsingsentiteite pas goed binne die US se nuwe vyf strategiese navorsingsareas, naamlik:

  • The Natural Environment
  • Social Justice and Development
  • Health and Human Security
  • Human Creativity and Social Innovation
  • Systems and Technologies for the Future

Die nuutste weergawe van die publikasie Research at Stellenbosch University, wat op 14 Augustus 2019 bekendgestel is, is `n eerste poging om van die navorsing wat binne die vyf areas gedoen word, ten toon te stel. `n Seleksie van navorsers wie se werk in hierdie publikasie ingesluit is, sal deelneem aan die Forward with Research Impact lesingsreeks.

Vir meer inligting oor die lesingsreeks program: http://bit.ly/forwardwithimpact

Vir `n virtuele kopie van die publikasie Research at Stellenbosch University: https://console.virtualpaper.com/stellenbosch-university/research-2018/