Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Rollover 2019
SUNLearn 2021 Module Oorrol
Outeur: Thys Murray
Gepubliseer: 09/11/2020

Opdateer 14-12-2020

Beste SUNLearn fasiliteerders

Weens die baie assesseringsgeleenthede ​wat uitgestel is tot volgende jaar, is alle 2020 modules gestel om tot 30 Junie 2021 sigbaar en toeganklik te wees. 2020 studente kan hul kursusse in hul dienooreenkomstige 2020 modules voltooi. Van volgende jaar sal dus beide 2020 sowel as 2021 modules in jou Dashboard gelys word. Maak asb. seker dat jy in die regte jaar werk (neem kennis van die jaar in die module naam).

Alle modules van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe ​​is sigbaar gemaak. Die res van die modules sal nader aan die begin van klasse sigbaar gemaak word.

Vriendelike groete

Die Leertegnologieë Ondersteuning- (SUNLearn) span​
https://learnhelp.sun.ac.za
021 808 2222​​


Opdateer 27-11-2020

Beste SUNLearn fasiliteerders

Die oorrol proses is nou voltooi. Inhoud van alle geregistreerde modules is nou oorgedra na hul dienooreenkomstige 2021 module spasies en alle personeel is gelaai vir die 2021 weergawes van hul 2020 modules.

Neem asb. kennis van die volgende:

  • Soos vroeër genoem is slegs die inhoud van geregistreerde modules oorgedra. Versoek asb. die oordrag van nie-standaard of gekombineerde (MT) module direk by die Leertegnologieë hulptoonbank.
  • Alle 2021 modules is gestel om van 1 Januarie tot 31 Desember 2021 beskikbaar te wees. Dit beteken dat die modules tot volgende jaar onder die Future kategorie in jou Instrumentpaneel (Dashboard) sal vertoon waarna dit dan na die In progress kategorie sal skuif.
  • Om die oorrol proses meer lynbevaart te maak, is alle 2021 modules by verstek gestel met die "Topic" uitleg. Jy kan steeds die uitleg na Edwiser, Weekly, ens. verander deur by die module se verstellings in te gaan en die uitleg van jou keuse te kies onder Course format.
  • Indien jy nie beplan om die 2020 inhoud in 2021 te gebruik nie kan die inhoud ’n item of topic op ’n slag uitgevee word.
  • Alle 2021 modules is tans versteek vir studente, maar ons sal dit nader aan die begin van klasse sigbaar maak (Gesondheidswetenskappe sal sigbaar wees vir die begin van hul klasse).

Vriendelike groete

Die Leertegnologieë Ondersteuning- (SUNLearn) span
https://learnhelp.sun.ac.za​
021 808 2222


Beste SUNLearn fasiliteerders (9-11-2020)

Dit is weer sulke tyd van die jaar om 2020 af te sluit en te begin met die oorrol proses om modules vir 2021 te aktiveer. Soos tevore word alle geregistreerde 2021 modules reeds op SUNLearn geskep sonder om versoek te word. Studente word dan tydens registrasie outomaties vir hierdie modules gelaai en dosente kan besluit of hulle van die module spasie gebruik wil maak of nie.

Ten opsigte van die inhoud:

  • Alle inhoud (behalwe Turnitin skakels) van alle geregistreerde 2020 modules word oorgedra na hul dienooreenkomstige 2021 module. Al hierdie modules word van studente versteek tot die aanvang van klasse (Gesondheidswetenskappe se modules word vroeër sigbaar gemaak vir wanneer hul studente begin). Indien inhoud steeds ná die aanvang van klasse versteek moet wees (bv. in die geval van tweede semester modules), kan dit per item of per onderwerp / afdeling (topic / section) geskied.
  • Alle personeel word vir 2021 modules gelaai soos hulle vir 2020 gelaai was.

Deur vooraf hierdie proses so te benader verwag ons om bykans die hele oorrol proses in die kortste tyd moontlik af te handel.

  • Ons is egter natuurlik daarvan bewus dat nie alle fasiliteerders die vorige jaar se inhoud oorgedra wil hê nie. In hierdie geval stel ons voor om die inhoud per item of per onderwerp / afdeling te versteek.
  • Indien ander modules se inhoud vereis word, bv. 2019 inhoud, in stede van 2020, kontak die Leertegnologieë hulptoonbank.
  • Indien enige fasiliteerders gelaai of verwyder moet word, kontak die Leertegnologieë hulptoonbank.
  • Indien ’n module se kode verander het sal ons nie die 2020 inhoud na die nuwe 2021 kode kan oordra nie. Kontak asb. die Leertegnologieë hulptoonbank om ons in kennis te stel van enige kode veranderings.
  • Ons gaan nie nie-geregsitreerde modules (modules wat nie in die jaarboek verskyn nie) oorrol nie. Versoek asb. die oorrol van hierdie modules nadat die oorrol proses afgehandel is deur die Leertegnologieë hulptoonbank te kontak.

Die proses gaan nou as volg verloop:

  1. Ons is tans besig om alle inhoud van 2020 na 2021 oor te dra.
  2. Sodra hierdie klaar is sal ons alle 2020 fasiliteerders vir die 2021 modules laai.

Elke stap in die proses sal op die SUNLearn Instrumentpaneel (Dashboard) bekendgemaak word.

Vriendelike groete

Die Leertegnologieë Ondersteuning- (SUNLearn) span
https://learnhelp.sun.ac.za​
021 808 2222