Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
'Vensters' aan US nog eens ’n wegholsukses
Outeur: Rozanne Engel/Corporate Communication Division
Gepubliseer: 06/02/2018

Die jaarlikse 'Vensters'-geleentheid aan die Universiteit Stellenbosch (US) verlede Vrydag, waar nuwelingstudente die geleentheid gebied word om gehore te vermaak met hulle eie oorspronklike optredes, was weer 'n enorme sukses.

Die nuwelingstudente van US-koshuise en privaatstudentorganisasies (PSO's) het hulle oorspronklike opvoerings gebruik om nie net gehore te vermaak nie, maar ook sosiale bewustheid te bring en hul maatskaplike impakprojekte te bevorder.

Meer as 15 000 kaartjies is verkoop en ongeveer 25 000 mense het die geleentheid bygewoon. Ferdi van Dyk, Administratiewe Beampte by die Sentrum vir Studente Leierskap en Strukture, meen vanjaar se 'Vensters'-geleentheid het 'n beter verhouding met alle belanghebbendes wat by die geleentheid betrokke was, geskep. "Daar was 'n groter integrasie van studente deur verskillende vennootskappe wat optreeruimte gedeel het. Die hernuwing van die temas van Vensters sal ook tot gevolg hê dat die doelwitte wat die koshuise en en PSO's regdeur die jaar nastreef duideliker na vore sal kom en meer aanvaarbaar vir die publiek sal wees."


Met die fokus op die studente se maatskaplike impakprojekte by 'Vensters' sal die meer as R150 000 wins wat die geleentheid opgelewer het, alles vir die koshuise en PSO's se maatskaplike impakprojekte aangewend word.

Dié sosiale impak-projekte​ gemik op die omliggende gemeenskappe, is ingeskakel by die US se breër sosiale impak temas van onderwys vir almal; indiensneming en inklusiewe ekonomiese ontwikkeling; omgewing & volhoubaarheid; voedselsekuriteit & gesondheid; hulpbronne en infrastruktuur; veiligheid, sekuriteit & goeie regering; en maatskaplike & geslagsgeregtigheid.

Vanjaar se 'Vensters' het ook 'n straatfees in Victoriastraat ingesluit, wat Stellenbosch-inwoners en US-studente die geleentheid gebied het om markstalletjies te bedryf of hulle talente deur middel van hulle vertonings uit te stal.

Van Dyk het gesê: "Een ding wat baie belangrik was by vanjaar se Vensters, was om verhoudings met die gemeenskap te bou en die geleentheid te gehad het om toekomstige groei te vestig."

*  Die wenners van die Venstersfees, Metademia – 'n samevoeging van die koshuise Metanoia en Academia – meen hulle vertoning is sterk beïnvloed deur die feit dat hulle aangeleenthede aangespreek het wat vir studente en die gemeenskap as geheel saak maak.

In 'n onderhoud met Korporatiewe Kommunikasie het BMus-student en studentementor, Van Wyk Venter, gesê: “Ons glo dit is nodig dat ons jaarliks belangrike aangeleenthede soos alkoholmisbruik en die waterkrisis moet aanspreek, sodat studente deeglik daarvan moet kennis neem ten einde hulle deel te kan bydra tot 'n moontlike oplossing.

“Ons het ook kennis geneem van gratis onderwys en die Universiteit Stellenbosch se 100-jarige bestaansjaar, wat beteken dat talle veranderings sal moet plaasvind sodat dit wat ons nog altyd voor gestry het ons kan toekom."​


Vir nog hoogtepunte van 'Vensters' 2018, kyk die Facebook-bladsy van die studente-gedrewe organisasie, Connect Maties, wat vanjaar dié suksesvolle geleentheid help organiseer het.

Kyk na die #helloMaties 2018 Hoogtepunte-video.

 


Nog artikels oor Vensters en Connect:​