Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch Thuthuka vier ʼn dekade van ‘lewens verander’
Outeur: Michilene Meyer Adams
Gepubliseer: 26/10/2017

Vanjaar is die 10 de bestaansjaar van die Stellenbosch Thuthuka Program.  Stellenbosch Thuthuka Is ʼn vlagskipprogram in die Skool vir Rekeningkunde by Universiteit Stellenbosch (US), wat ten doel het om transformasie in die geoktrooieerde rekenmeester professie te bereik.

Ten einde die 10de bestaansjaar van die Stellenbosch Thuthuka Program te vier, het Stellenbosch Thuthuka, Skool vir Rekeningkunde hierdie jaar ʼn aantal feestelike geleenthede aangebied. Een van hierdie geleenthede is op Donderdag, 12 Oktober 2017, aangebied. Die skenkerwaardering ontbyt is gehou om die onskatbare waarde van die finansiële en nie-finansiële ondersteuning en toewyding wat ons van skenker-firmas, die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR), verskeie US administratiewe afdelings, belanghebbendes en vriende van die program ontvang, te erken.

Die Wes-Kaap se Minister van Sosiale Ontwikkeling, Minister Albert Fritz, het die hoofrede gelewer. Hy was baie entoesiasties oor hoe Thuthuka voorafbenadeelde jeug die geleentheid en middele gee om die armoede siklus deur onderrig te verbreek. Veral vir kinders wat wel die aanleg, maar as gevolg van hulle gemarginaliseerde posisie nie die finansiële middele het, om na matriek verder te studeer nie.

Prof. Pieter von Wielligh, Waarnemende Direkteur het in sy toespraak op die afgelope dekade gereflekteer en Lungelo Ngobese, voorsitter van die Stellenbosch Thuthuka Vereniging, het ook namens die Thuthuka studente, wie se lewens deur die “vrygewige hande wat vandag hier teenwoordig is" verander is, waardering uitgespreek en die skenkers en belanghebbendes erken.  Die geleentheid was ʼn groot sukses!

Inligting oor die Stellenbosch Thuthuka program is beskikbaar by

 http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/economy/accounting/Pages/Thuthuka-Bursary-Programme.aspx?TermStoreId=d4aca01e-c7ae-4dc1-b7b2-54492a41081c&TermSetId=0194afaf-929e-4416-a7cd-a8bae24f70a3&TermId=cb01dde6-c29b-49b7-925e-9f0627998301

http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/economy/accounting/programmes/thuthuka-bursary-programme/thuthuka-news

mmmeyer@sun.ac.za  

021 808 3400​