Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Houtkappers Bal 2017
Outeur: Leeshan Mahadeo
Gepubliseer: 16/10/2017

​Die aand was sprokiesmooi met ongeveer 75 gaste, insluitend voor- en nagraadse studente en dosente.  Diè jaar is ons eregaste, Proff Pierre Ackerman en Tim Rypstra se twintigste jaar van bywoning gevier.  Aangesien die jaar se groep uit so 'n wye verskeidenheid kulture en agtergronde oorsprong, moes die spyseniers seker maak om vir elke moontlike diëet voorsiening te maak.  Daar was selfs 'n paar internasionale studente vanuit België!  As deel van die aand se verrigtinge is die nuwe SFSA komiteelede aangekondig.   Ashlee Prins maak geskiedenis deur gekies te word as die eerste bruin vroulike voorsitter.  Almal het heerlik saam gedans en die jaar gevier.  Die SFSA wil graag al die borge bedank; Rammies Varsprodukte, Soobhugs Busdiens en SAWPA (Suid-Afrikaanse Houtbewaringsvereenining).  Sonder hulle bydraes sou die funksie nie moontlik kon wees nie.