Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kry jou Padkaart na die BA-wêreld hier
Outeur: Lynne Rippenaar-Moses
Gepubliseer: 27/02/2016

​Stel jy belang in een van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe se graadprogramme maar is nie seker waar om te begin met die aansoekproses nie? Indien dit die geval is, kan jy nou ons fakulteit se gebruikersvriendelike Padkaart tot die BA-wêreld hier aflaai en meer uitvind oor hoe jy stap-vir-stap die aansoekproses kan navigeer.  

Met 18 departemente wat 'n verskeidenheid vakke aanbied is daar baie om van te kies en keur. Kom besoek dus ons Opedag-stalletjies op die 2de vloer van die Lettere-gebou op die hoek van Merriman- en Ryneveldstraat vandag (Saterdag, 27 Februarie) vanaf 08:30 tot 16:00 vir meer info.

Klik hier vir algemene inligting oor Opedag.