Die tweede been van seisoen twee van die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (DLTE) se Talking Transformative Assessment potgooi reeks, aangebied deur Dr. Hanelie Adendorff en Dalene Joubert, begin met die episode Through the students' lens: Talking Transformative Assessment with Dr Taryn Bernard.
Dr. Bernard bring die studenteperspektief na vore deur haar werk oor teoretiese verstaan van ‘ruimte’ te bespreek. In die gesprek neem sy ons op ’n diep duik in verhale van haar studente se reise na die kampus. Deur studente agter die kamera se lens te sit, plaas sy hul perspektiewe sentraal en gee hulle die geleentheid om eienaarskap van hul narratiewe te neem.
Luister na hierdie gesprek vir ’n verkenning van verskeie aspekte van hoe studente hul universiteitservaring en die wêreld daarbuite beleef.
Met hierdie inisiatief poog die Universiteit Stellenbosch om ’n kultuur van oop dialoog en kritiese denke rondom studentebeoordeling te bevorder. Met die missie om deurdagte assesseringsontwerp te inspireer, nooi hierdie potgooi-reeks almal uit om aan die gesprek deel te neem en aktief die toekoms van assessering binne die universiteit te vorm.
Luister na Talking Transformative Assessment op Spotify.