Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
KI is 'n hulpmiddel, nie 'n bron nie: GenKI-geletterdheid vir SU
Outeur: Simbongile Ntwasa
Gepubliseer: 04/08/2024

U word genooi na die OLA (Onderrig-Leer-Assessering)-seminaar van 2024, aangebied deur die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking:


Onderwerp: KI is 'n hulpmiddel, nie 'n bron nie: GenKI-geletterheid vir SU

Sprekers: Dr. Hanelie Adendorff and Dalene Joubert

Datum: 13 August 2024

Tyd: 13:00–14:00

Plek: aanlyn by MS Teams: Join the meeting now

KI is 'n hulpmiddel, nie 'n bron nie: GenKI-geletterdheid vir SU Sluit by ons aan vir die volgende Auxin-sessie waar ons generatiewe kunsmatige intelligensie geletterdheid in onderrig-leer-assessering (OLA) aan die Universiteit Stellenbosch (US) verken. Die frase “KI is 'n hulpmiddel, nie 'n bron nie” het 'n bietjie van 'n mantra geword in ons kommunikasie rondom GenKI en OLA. Wat beteken dit presies, en wat is die praktiese implikasies van hierdie stelling? In hierdie sessie sal ons die volgende bespreek: articles/chapters on the topic, directly related to teaching and learning at SU). - Please include DOI and/or hyperlinks to the article, to ensure access. 3. Kumar, R., Eaton, S.E., Mindzak, M., & Morrison, R. 2024. Academic Integrity and Artificial Intelligence: An Overview. Part IX, Chapter 92 In: Eaton, S. E. (ed.). Handbook of Academic Integrity. Singapore: Springer Nature. DOI: 10.1007/978-981-287-079-7_153-1. 4. Perkins, M., Furze, L., Roe, J., MacVaugh, J. 2024. The Artificial Intelligence Assessment Scale (AIAS): A Framework for Ethical Integration of Generative AI in Educational Assessment. Journal of University Teaching and Learning Practice, 21(6). 5. CTL webpage on GenAI in TLA: https://www.sun.ac.za/english/learningteaching/ctl/t-l-resources/ai-in-tla-at-su Keywords AI, GenAI Literacy, Teaching-Learning-Assessment Date of presentation 13 Aug, 2024, from 13:00 to 14:00 SA time. Venue MSTeams Enquiries Simbongile Ntwasa [sim@sun.ac.za] Die US se riglyne vir toegelate KI-gebruik en ons eie KI-geletterdheidsraamwerk. Moeilike onderwerpe soos KI se vooroordele en hoe om KI-hulpmiddels (nie) te verwys (nie). Deurentyd sal ons aan die hand van praktiese voorbeelde onderskeid tref tussen die gebruik van KI as 'n ondersteunende hulpmiddel en die hantering daarvan as 'n bron van inligting. Aangesien KI al hoe meer geïntegreer word in ons OLA-praktyke, is dit noodsaaklik om hierdie onderskeid te verstaan om akademiese integriteit te handhaaf en die doeltreffendheid van ons werk te verseker. Saam kan ons hierdie ontwikkelende landskap navigeer en meer gemaklik raak met KI-tegnologieë in ons midde.


Dalene Joubert is die nuwe toevoeging tot die US se Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) se adviseurspan. Sy het ʼn gedeelde meestersgraad van US en die Universiteit van Leiden, 'n nagraadse onderwyssertifikaat van Unisa, en is tans besig met haar PhD in Vertaling aan US. Dalene het 'n passie vir leer en onderrig, en is al vir meer as 'n dekade in dié ruimte werksaam. Sy het aan beide die Rhodes Universiteit en US doseer, en was voorheen ook 'n hoërskool-onderwyser. Sy is mal oor haar werk en verken tans die kruispunt waar AI, onderrig, leer en assessering en die US ontmoet. Dr. Hanelie Adendorff is 'n senior adviseur aan die US se SOL. Sy het 'n PhD in chemie, maar werk sedert 2002 in professionele ontwikkeling. Haar loopbaan en professionele ontwikkeling het begin met 'n belangstelling in gemengde leer, maar sy het sedertdien ook gewerk in die areas van assessering, fasilitering van samewerkende leer, wetenskapsonderrig en, meer onlangs, die dekolonialisering van die wetenskapleerplan. As 'n lid van die Fakulteit van Wetenskap se onderrig- en leerhub, werk sy saam met die Visedekaan (Onderrig en Leer) om die status van onderrig in die fakulteit te verbeter.


Aanbevol e leesstof:

1. Die US se: 'Guidelines on allowable AI use and academic integrity in assessment': https://www.sun.ac.za/english/learningteaching/ctl/Documents/Interim%20SU%20guidelines%20on%20allowable%20AI%2 0use%20and%20academic%20integrity.pdf

2. Die US se KI-geletterdheidsraamwerk: https://www.sun.ac.za/english/learningteaching/ctl/Documents/AI%20literacies%20framework.png

3. Kumar, R., Eaton, S.E., Mindzak, M., & Morrison, R. 2024. Academic Integrity and Artificial Intelligence: An Overview. Deel IX, hoofstuk 92. In: Eaton, S. E. (ed.). Handbook of Academic Integrity. Singapoer: Springer Nature. DOI: 10.1007/978- 981-287-079-7_153-1. 

4. Perkins, M., Furze, L., Roe, J., MacVaugh, J. 2024. The Artificial Intelligence Assessment Scale (AIAS): A Framework for Ethical Integration of Generative AI in Educational Assessment. Journal of University Teaching and Learning Practice, 21(6). 

5. SOL se webblad oor KI in OLA: https://www.sun.ac.za/english/learningteaching/ctl/t-l-resources/ai-in-tla-at-su