Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skenkingsdag: Kan ons op jou staatmaak?
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 28/09/2023

Daar was nog nooit 'n belangriker tyd om ons jaarlikse Universiteit Stellenbosch (US) Skenkingsdag te ondersteun nie. Voordat ons jou vertel van die hoe, die wat en die wanneer, neem asseblief 'n oomblik om die volgende te oorweeg:


Saam kan ons die las van studenteskuld verlig en die weg baan vir 'n beter, skuldvrye toekoms.

Kom ons praat impak. Daar is 'n groot tekort wat duisende studente raak. Waarop sou dit uitloop? Toegewyde en hardwerkende Matie-studente wat nie hul studies kan voltooi nie.

Die US se Skenkingsdag is 'n jaarlikse geleentheid wat studente, fakulteite, personeel, alumni en die breër gemeenskap byeenbring in 'n gesamentlike poging om fondse in te samel vir beurse, studente-etes en studentegemeenskapsinisiatiewe. Letterlik, wat 'n student benodig om die dag suksesvol aan te pak.

As elkeen van ons ondersteuning aan Skenkingsdag bied, sal dit tot die een gewenste uitkoms na die ander lei. Die idee dat jou skenking help om hardwerkende Matie-studente die stres en angs te spaar van 'n graad wat in die gedrang is, is dalk die beste geskenk wat jy ooit sal gee.

As jy 'n aanlyn Skenkingsdag-bydrae wil maak, KLIK HIER.

'n Reeks Skenkingsdag-aktiwiteite sal die opbrengs 'n verdere hupstoot gee.

Jy kan groot opwinding in en om die Rooiplein op Donderdag 5 Oktober te wagte wees. Sluit by ons aan vir ʼn fietstrap spin-a-thon, Zumba-klasse, ʼn fliekmarathon in die Neelsie, musiek verskaf deur DJ Mshayi en vriende asook mini-sportaktiwiteite soos atletiek, krieket, sokker, gholf, hokkie, netbal, rugby, roei en tennis.

Vir meer inligting besoek gerus: www.matiesgivingday.com​

Dink gou terug aan die dag toe jy jou graad gekry het. Hoe wonderlik as jy 'n mede-Matie kan help om dieselfde vreugde te ervaar.

Kan ons op jou ondersteuning staatmaak?