Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lovelyn Nwadeyi spreker by Teologie se Jeugdaglesing

​Me Lovelyn Nwadeyi sal die hoofspreker wees tydens jaarlikse Jeugdaglesing wat aangebied word deur Fakulteit Teologie in samewerking met die Teologiese Studentekomitee en die Transformasiekantoor van Universiteit Stellenbosch. Die titel van Me Nwadeyi se lesings is: "Born Frees and Democracy: Freedom and Responsibility".

Me Lovelyn Nwadeyi is in 2017 aangewys as een van Mzansi se top 100 Young influencers. Met 'n Meesters in Vredes- en Konflikstudies en baie ondervinding in jeugontwikkeling in Suid-Afrika, is ons bevoorreg om haar perspektief te hoor oor hoe jong mense die 25-jarige demokrasie beskou. Ons hoor ook wat studente dink "vry geborenes" moet lyk in 2019. Kreatiewe uitstallings van studente sal ook deel wees van die dag.

Die lesing vind plaas op Vrydag 17 Mei 2019 in die Attie van Wijk Ouditorium by Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch. RSVP voor 13 Mei: Helette, hvdwest@sun.ac.za