In die vier jaar waarin hulle onderwys studeer, gaan onderwysers wat nog nie in diens is nie, om met ʼn verskeidenheid assesseringsprosesse en ‑take oor hulle studiemodules heen, om hulle vordering met die bereiking van die module- of programuitkomste te bepaal. Die skoolgebaseerde praktikum is ʼn integrale deel van daardie proses en beoog om onderwysstudente se begrip van assessering as leer en assessering vir leer te ontwikkel. Tot watter mate word selfbesinningspraktyke aangemoedig sodat onderwysstudente hulle kritiese denke oor die self kan ontwikkel? Daar word aangevoer dat, “hoewel selfbesinning na binne fokus, dit ʼn gewoonte [is] wat interpersoonlik beoefen en ontwikkel word, binne betekenisvolle verhoudings wat gerig word deur opsetlike vrae en ʼn strewe na doelbewuste oogmerke" (Costa en Garmston, 2016; Wetzel et al., 2017). Die aanbieder sal die impak deel van ʼn refleksiewe en geleide ontwikkelingsgesprekshulpmiddel, wat op onderwysstudente en hulle skoolgebaseerde mentors getoets is en op die skoolgebaseerde praktikum fokus. Sodoende sal die klem val op die rol wat hierdie hulpmiddel in die aanpassingskundigheid (Hunskaar en Gudmundsdottir, 2023) van onderwysstudente en hulle mentoronderwysers gespeel het en kan speel. Die dialoog sal boonop ook gemik wees op die rol en impak van geleide ontwikkelingsgesprekke as volhoubare assessering om onderwysstudente op hulle lewenslange reis na onderwyser word, by te staan.
Die Spreker
Dr Chrischar Rock is ʼn dosent in die Fakulteit Opvoedkunde (Kurrikulumstudies) waar sy help om BEd-studente (onderwysers wat nog nie in diens is nie) vir die skoolgebaseerde praktikum voor te berei. Sy dien etlike jare as ʼn opleidingsmentor vir onderwysers by die Instituut van Opvoedkunde (University College Londen – UCL) en as ʼn medeskrywer van kurrikuluminhoud vir die National Schools Partnership (VK). Sy is ʼn alumna van die Harvard Kennedy School of Government Executive Education en het ʼn magistergraad in Opvoedkunde en Internasionale Ontwikkeling (UCL). Die navorsingsfokus van haar magistertesis was kurrikulumhervorming en onderwyseridentiteit. Haar ander navorsings- en belangstellingsgebiede sluit in onderwyspraktyke en ‑perspektiewe in die lewering van demokratiese burgerskapsopvoeding in Suid-Afrikaanse skole en die verkenning van verskillende hulpmiddels om onderwysers se besinningspraktyke en kritiese denke oor die self te ontwikkel.
Microsoft Teams meeting
Join on your computer, mobile app or room device
Click here to join the meeting
Meeting ID: 339 717 966 996
Passcode: qTG2mD
Download Teams | Join on the web
Join with a video conferencing device
529319312@t.plcm.vc
Video Conference ID: 124 083 160 7
Alternate VTC instructions
Learn More | Meeting options
Navrae & Bespreking
Jean Farmer
jeanlee@sun.ac.za
021 808 3717