Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dept Statitiek Seminaar: Schalk Engelbrecht (KPMG, Johannesburg) Deug, Demokrasie en Datawetenskap na Babel
Begin: 13/10/2023, 13:00
Einde: 13/10/2023, 14:00
Kontak:Elizna Huysamen - 021 808 3244
Plek: Van der Sterr building, 2nd Floor, Room 2048

​Vanaf 2010 het mense toenemend van sosialemediaplatforms gebruik gemaak. Volgens die sosiale sielkundige Jonathan Haidt het dit beduidende sosiale, politieke en morele implikasies gehad. Die chaos en fragmentasie wat gevolg het in 'n era wat Haidt "na Babel" noem, word dikwels vererger deur nuwe maniere om (groot) data te genereer, te versamel en te gebruik. In hierdie praatjie ondersoek ek hoe ons etiese denke en gedrag "na Babel" moet hanteer. Om vandag "'n goeie lewe" te leef, kan die terugkeer na ou konsepte soos "burgerlike deug" vereis; die kweek van nuwe deugde, insluitend “digitale selfdissipline"; en, die bevordering van etiese praktyke onder datawetenskaplikes.