Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Buitengewone vergadering: US Konvokasie
Begin: 01/06/2023, 18:00
Einde: 01/06/2023, 22:00
Kontak:konvokasie@sun.ac.za / convocation@sun.ac.za -
Plek: Bloemhof Girls High School OR Online

Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) word uitgenooi om 'n buitengewone vergadering op Donderdag 1 Junie 2023 in persoon of virtueel by te woon. 

Ingevolge klousule 47(1) van die US Statuut (2019) is die Konvokasie saamgestel uit: (a) alle persone aan wie ʼn kwalifikasie by ʼn kongregasie van die US toegeken is; (b) die rektor, die viserektore, uitvoerende bedryfshoof en die voltydse akademiese personeel van die US; en (c) voormalige voltydse akademiese personeel van die US wat die diens van die US verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het.

Hierdie byeenkoms is 'n buitengewone vergadering waarvoor daar ingevolge klousule 50(3) van die US Statuut (2019) voorsiening gemaak word. In ooreenstemming met klousule 50(4) van die US Statuut (2019) en die Institusionele Reëls: Konvokasie, is die doel van hierdie vergadering om twee mosies wat van lede van die Konvokasie ontvang is, onderskeidelik gedateer 2 Mei 2023 en 16 Mei 2023, te bespreek. Vir die volledige mosie, klik asseblief op die datum van die mosie.

Sluit asseblief by ons aan òf in persoon òf aanlyn.

Wanneer:  Donderdag 1 Junie 2023
Tyd:  19:00 SAST (As jy buite Suid-Afrika gebaseer is, KLIK HIER om die presiese tyd vir jou ligging op te spoor.)
Waar: Hoër Meisieskool Bloemhof, Kochstraat, Krigeville, Stellenbosch, OF aanlyn

RSVP
Rig 'n e-pos aan konvokasie@sun.ac.za teen Dinsdag 30 Mei 2023 om te registreer.


LET ASSEBLIEF OP DIE VOLGENDE:

  • Die sluitingsdatum vir registrasie is Dinsdag 30 Mei 2023. Weens tegniese en administratiewe vereistes om die platform op te stel vir aanlyn stemming om voort te gaan, word geen laat registrasies vir die aanlyn vergadering aanvaar nie.
  • Diegene wat aanlyn bywoon, sal 'n unieke toegangskakel per e-pos ontvang. Hierdie skakel word na u e-pos adres gestuur wat op ons institusionele databasis vasgelê is. Indien u egter u kontakinligting wil bywerk, doen dit so spoedig moontlik. Stuur gerus 'n e-pos na konvokasie@sun.ac.za om u besonderhede by te werk. U sal virtueel kan stem tot en met 19:00 SAST op Vrydag 2 Junie 2023.
  • Diegene wat persoonlik bywoon, word aangemoedig om vroeg te kom om die  registrasieproses te voltooi. Neem asseblief teen 18:30 SAST u sitplek in. Bring asseblief ook 'n geldige identiteitsdokument saam aangesien daar oor die mosies gestem sal word. 

Waar u ookal uself bevind, in Suid-Afrika, elders op die vasteland of in Asië, Europa, Noord- of Suid-Amerika, of Oceania, die komende Konvokasievergadering is vir almal! U alma mater waardeer u insette en ons wil graag wêreldwye deelname aanmoedig.