Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Interkulturele Groepdinamika
Begin: 24/03/2023, 11:00
Einde: 24/03/2023, 13:00
Kontak:Anika Berning -
Plek: Online / Aanlyn

​Die Universiteit van Groningen (Nederland) in samewerking met die Universiteit Stellenbosch (Suid-Afrika) bied ʼn reeks werkswinkels aan wat handel oor die tema van inklusiewe onderrig deur portuurdeling en die deel van onderrigpraktyke. Die werkswinkels is nie opeenvolgend nie, dus kan u almal bywoon of net die waarin u belangstel.

Die eerste sessie het gehandel oor hoe ons ons fokus op inklusiwiteit en diversiteit kan versterk, asook hoe ons dié konsepte in ons onderrigkonteks definieer en toepas. Die tweede werkswinkel het die metodes om die ontwerp van ons kursusse internasionaal toepaslik te maak, verken.

Die volgende sessie gaan interkulturele groepdinamika bespreek. Die werkswinkel mik om die dimensies van diversiteit en inklusiwiteit te verken, met ʼn spesiale fokus op die vorming van groepe en die fasilitering van die interkulturele spanwerk. Dit poog om die deurslaggewende vraag van hoe om interkulturele dinamika te fasiliteer te antwoord, sodat betekenisvolle interaksie tussen kultureel en taalsprekend diverse studente bevorder kan word. Die doel is om suksesvolle samewerking te bewerkstellig en interkulturele onderrig deur die interaksies te verbeter. Kyk asseblief die volgende inleidende video​ en lees die tematiese teks​ vir meer inligting oor die onderwerp. 

Na aanleiding van die sessie, sal jy die volgende kan doen:

  • Die fasilitering van aanvanklike aktiwiteite om groepdinamika te bestuur;
  • Herken interkulturele insidente vanuit ʼn studente perspektief en hoe hulle verband hou met die algemene konsepte van groepdinamika en interkulturele vermoë ontwikkeling;
  • Bewus wees van die verskeie strategieë vir die samestelling van groepe vir interkulturele onderrig;
  • Fasiliteer die aanvanklike fase van samewerking in diverse studente groepe met spesifieke fokus op die bestuur van groepdinamika;
  • Reflekteer op hul eie praktyke vir die fasilitering van groepswerk/ studente samewerking en ontvang terugvoer van hul eweknieë.

Registreer asseblief by hierdie skakel​.