Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Die veldtog #dosomething: Bewaringsekologie as voedingsbodem vir ’n pedagogie van hoop
Begin: 16/02/2023, 01:00
Einde: 16/02/2023, 01:00
Kontak:Lucy Lucks / Simbongile Ntwasa -
Plek: MS Teams

Onderwerp

Dringende kwessies soos klimaatsverandering, biodiversiteitsverlies en gronddegradasie is tereg en noodwendig op die voorgrond van die kurrikulum in Bewaringsekologie, wat dit die titel van ‘krisisdissipline’ besorg. Dit is onvermydelik dat studente gereeld met negatiewe nuus oor die stand van ons omgewing te doen kry. Die feite oor die probleme dra boonop weinig daartoe by om hulle hoop te gee dat die grade waarvoor hulle studeer enige merkbare verskil aan die wêreldwye uitdagings van die Antroposeen sal maak.

Die veldtog #dosomething ontwrig die gedagte dat “ons niks aan die probleme kan doen nie”. Studente word gevra om ’n dringende bewaringskwessie waaroor hulle in hulle eie, persoonlike hoedanigheid passievol is die hoof te bied. Deur ’n aantal leeraktiwiteite word semesterlesingtemas en -assesserings geïntegreer met individuele veldtogte wat aan die begin van die semester gekies word.

Iterasie oor vyf jaar het gelei tot 'n onderrig- en leerproses wat drie onverwagte voordele opgelewer het: a) Studente kry dit reg om wêreldwye verandering op groot tydskale met hulle eie lewenservarings te verbind, wat hulle in wese in staat stel om hulleself as deel van die stelsel te sien. b) Studente leer ken mekaar se lewenservarings en steek sosiale (rasse- en ekonomiese) grense oor om die sienings te verstaan van klasmaats met wie hulle nie andersins sou gesosialiseer het nie. c) Terwyl studente self verandering oor tyd moniteer, leer hulle dat hulle individuele optrede verandering en kreatiewe reaksies kan teweegbring.

Dit is nie om dowe neute dat die titel van my aanbieding Paulo Freire se pedagogie van hoop eggo nie. Ek besin ten slotte oor die metafisika van 'n benadering tot onderrig en leer wat hoop skep en mense aanmoedig om self op te tree.  ​


Die Spreker

Dr Rhoda Malgas

Hoe kan ek my studente kenmerke en vaardighede leer wat fundamenteel is vir bewaringskunde in ’n onseker toekoms, maar wat moeilik is om uitdruklik te onderrig? Dít is die rede vir my kreatiwiteit in die program BSc Bewaringsekologie. Ek gee klas in volhoubare landbou, die volhoubare oes van wilde fynbos, en ekosisteemgoedere en -dienste in landboulandskappe. Ek geniet veral my derdejaarmodule, Bewaring in sosio-ekologiese stelsels.


Navrae & Bespreking

Lucy Lucks / Simbongile Ntwasa 
llucks@sun.ac.za / sim@sun.ac.za
021 808 3717


Meer oor Auxin