Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vrou wat die Moropa-trom bespeel
Begin: 13/10/2021, 13:00
Einde: 13/10/2021, 14:00
Kontak:ricky brecht - 021 3660
Plek: MS Teams

​Samuele Makoanyane (1909-1944)

Die Universiteit Stellenbosch-museum nooi jou uit na ʼn Woensdag-kunsgesprek. Sluit by ons aan terwyl ons die delikate beelde ondersoek wat geskep is deur ʼn minder bekende beeldhouer wat in 1909 gebore is, Samuele Makoanyane. Vanuit sy ateljee in die dorpie Koalabata in Lesotho het hy in die 1930s voortreflike, laaggevuurde kleibeelde geskep.

In hierdie interaksie met sy werk sal ons wys hoe digitale tegnologieë ons in staat stel om meer kennis en groter insig te bekom in Makoanyane se werk. Deur hierdie tegnologie ervaar ons die unieke en gedetailleerde veelvoudige perspektiewe van sy beeldhoukuns. Die uitstalling sal ook ʼn oorspronklike beeld deur Makoanyane insluit – Vrou wat die Moropa-trom bespeel – en kunswerke wat geskep is “in gesprek" met hierdie stuk deur studente in die Departement Visuele Kunste by Universiteit Stellenbosch.

Die paneellede sluit in Steven Sack, Stephen Wessels, Pusetso Nyabela,

Ledelle Moe en Charles Palm.

 

DATUM: WOENSDAG, 13 OKTOBER 2021

TYD: 13:00-14:00 (SAST)

WEBINAAR: MS Teams

 

Klik hier om te registreer:
WednesdayArtTalkabout