Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Die geheel is meer as die som van die dele – verkenning van die 4C-ID-model vir kurrikulumontwerp
Begin: 24/08/2021, 12:45
Einde: 24/08/2021, 13:45
Kontak:Lucy Lucks - 021 808 3717
Plek: MSTeams during lockdown.

Die Onderwerp

​Die geheel is meer as die som van die dele – verkenning van die 4C-ID-model vir kurrikulumontwerp 

In hierdie voorlegging bepleit ek die saak vir heeltaakgebaseerde leer om die studente se leerervaring te verbeter en hulle terselfdertyd beter vir hulle rol in die samelewing voor te berei. Met behulp van CHAT (kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie) sal ek die saak vir 4C-ID-model, wat ʼn holistiese benadering tot leer en onderrig toepas, bepleit. Hierdie benadering behandel die hardnekkige probleme van kompartementalisering (algehele bevoegdheid wat in afsonderlike onderdele opgebreek word); fragmentering (komplekse vaardighede of bevoegdhede wat tot kleiner onderdele opgebreek word, sonder om die interaksie tussen die dele in ag te neem); en studente se onvermoë om teorie doeltreffend op die praktyk oor te dra (Vandewaetere et al. 2015). 

Die Spreker

Dr Marianne Unger, Senior Dosent, Afdeling Fisioterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 

Ek is ʼn dosent in Fisioterapie, met 25 jaar ondervinding in voor- en nagraadse opleiding. Ek bestuur tans ons afdeling se kurrikuluminnovasie-en-ontwikkelingsportefeulje. My professionele spesialisgebied is pediatriese neurologie, maar my geesdrif vir die transformasie van ons studente na agente vir verandering, wat in staat is om lewens in hulle gemeenskappe te beïnvloed, is wat my aanspoor – my ikigai! My visie is om studente met vloeibare intelligensie te ontwikkel – studente met die vermoë om logies te dink en probleme in onbekende situasies, onafhanklik van aangeleerde kennis, op te los; wat kennisnodusse uit verskillende domeine kan verbind, en kennis oor domeine kan oordra, sodat hulle rats genoeg is om by ʼn uitdagende, maar belowende toekoms in fisioterapie aan te pas.​

Klik hier vir toegang tot Auxin aanbevole leeswerk, hulpbronne en opnames.

Microsoft Team​​s meeting

Join on your computer or mobile app
Click here to join the meeting

Join with a video conferencing device
529319312@t.plcm.vc
Video Conference ID: 123 626 883 7
Alternate VTC instructions
Learn More | Meeting options ​


Besprekings​: Lucy Lucks
 021 808 3717
Jy hoef nie te bespreek of te RSVP nie.  Jy kan so maak, of jy kan net aansluit deur die MSTeams skakel hierbo te klik.​