Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dekoloniseer STEM in ons Sandput: Die deel van ervarings en verken van idees in 'n gemeenskap van praktyk
Begin: 27/02/2018, 12:45
Einde: 27/02/2018, 13:45
Kontak:Miss Nothemba Nqayi - (021) 808 3717
Plek: Den Bosch, 39 Victoria Street (opposite House Skuilhoek and directly behind the Conservatoire)

Dekoloniseer STEM in ons Sandput: Die deel van ervarings en verken van idees in 'n gemeenskap van praktyk

In die Khoisan tradisie, word daar gewoonlik stories vertel na 'n jagtog. Hierdeur word die veilige terugkeur van almal gevier met die oordrewe oorvertel van die jagter se vermoeëns. Hierdie gebeur alles rondom die deel van die maaltyd.  Daar word aangevoer dat die ontwikkeling en onderhou van onderriguitnemendheid 'n groot hoeveelheid gesprek oor onderrig vereis (Gibbs et al., 2007: 2) en dat sulke deelnemende refleksie kan bydra tot meer navorsingsgebaseerde verslae oor onderrigpraktyk (Clegg, 2009 ). Gibbs (2007: 2) vra byvoorbeeld vir die skep van 'nuwe forums om “communities of practice" oor onderrig te bou'. Geleentheid vir sulke gesprekke is egter skaars in die akademie.

In hierdie Auxin sessie sal ʼn groep akademici uit verskillende fakulteite reflekteer oor hoe 'n gefokusde belangegroep (FIG), wat die dekolonisering van die wetenskapskurrikulum bespreek, 'n “community of practice" geword het wat dit ten doel het om 'praktiese en produktiewe aksies te bevorder' (McDonald et al., 2016: 1146).

McKormack en Kennely (2011) identifiseer betrokkenheid, verbondenheid en veiligheid as sleutel faktore vir die konstruksie van 'n deurlopende gespreksgemeenskap. Ons gaan hierdie model gebruik om ons 'Akademiese Sandput'-stories te vertel (McDonald et al., 2016) en te wys hoe betrokkenheid met eweknieë in 'n veilige, samewerkende, reflektiewe ruimte 'n groep universiteitsonderwysers en akademiese ontwikkelaars gehelp het om 'n gemeenskap te vorm waar gesprekke oor die dekoloniseer van wetenskap kan voortgaan en floreer.

Wanneer:  Dinsdag, 27 Februarie 2018, vanaf 12:45 tot 13:45 (padkos word voorsien)

Waar:  Den Bosch, Victoriastraat 39 (oorkant Huis Skuilhoek, direk agter die Konservatorium)

Slegs 15 plekke is beskikbaar. Kontak asseblief vir Nothemba Nqayi by nothemban@sun.ac.za of 021 808 3717 om u plek te bespreek

[Na afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se webtuiste:  www.sun.ac.za/sol ]