Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Welkom by die Sentrum vir Onderrig en Leer

Ons is geposisioneer binne die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking en ons rapporteer aan die Viserektor: Leer en Onderrig. 

Die hooffunksie van die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) is om die professionele leer van akademiese personeel ten opsigte van hulle onderrigrol te bevorder. Ons hooffokus is dus onderrig-leer-assessering (OLA) aan die US. 

As sodanig is ons kernverantwoordelikheid die skep van professionele leergeleenthede vir US akademici. Ons bied kortkursusse oor verskeie OLA-onderwerpe aan, insluitend PRONTAK en ons beheer OLA-beleide, voorsien hulpbronne en moedig navorsing in die veld aan. Ons administreer ook befondsingsgeleenthede en bedryf erkenningsprogramme, genootskappe en toekennings vir US onderrigpersoneel. Volg die skakels hieronder om meer te wete te kom oor ons werk: ​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Ons visie

Ons visie is om 'n kennisvennoot te wees wat die onderrig en leerkultuur by Universiteit Stellenbosch op so 'n wyse verhoog wat 'n regverdige samelewing in Suid-Afrika bevorder.​


Ons missie

Ons missie is om professionele leergeleenthede vir akademiese personeel in fakulteite te skep en om denkleiers op die gebied van deeln​emende, innoverende en akademiese onderrig en leer te wees.


Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking

​Die Sentrum vir Onderrig en Leer is een van die sentrums in die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking, in die verantwoordelikheidsarea van die viserektor Leer en Onderrig. Die grafika onder dui die verskillende sentra in ons afdeling aan, asook wat elkeen doen.



 


​​​​​​​