Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bespreek vandag jou plek vir ‘n Leierskap in Transformasie-kortkursus

​​Daar is steeds geleentheid om in te skryf vir die kortkursus “Positiewe leierskap, Positiewe verandering: Ontwikkeling van leierskapsvaardighede met betrekking tot transformasie, gender, gestremdhede en MIV binne hoër onderwys”.

Die kursus is spesifiek ontwikkel vir  US-personeel en gemik op bestuurders, akademici en dienspersoneel. Dit het ten doel om die nodige kennis, vaardighede en houdings te ontwikkel wat personeel in staat sal stel om positief by te dra tot die bestuur van transformasie, geslagskwessies, gestremdhede en MIV.

Die kursusinhoud sal fokus op:

  • Die impak van transformasie, MIV, geslagsrolle en gestremdhede in die gemeenskap en werksplek
  • Definisies, basiese teorie en biomediese feite
  • Die invloed van 'n persoonlike wêreldbeeld, waardes en oortuigings  
  • Die rol van stigma en diskriminasie
  • Die belang van leiers in die bevordering van 'n positiewe werkplek kultuur

Hierdie 3-dag kursus word aangebied van 5 – 7 November 2013.

AANSOEKPROSES

Teken op Sun-e-HR, gaan na die funksie Sun Employee Self Service en dan spesifiek Training and Development, Learner Home. Gaan dan na Human Resources om by die lys van kursusse uit te kom. Vir meer inligting, kontak Michelle Munro by michellem@sun.ac.za.