Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Voedselwetenskapstudente presteer by die '2014 IPSA Student Gold Pack' toekennings
Outeur: A Lombard
Gepubliseer: 24/10/2014

Departement Voedselwetenskap het vanjaar 7 finaliste gehad by die Gold Pack prysuitdelingseremonie wat in Kaapstad gehou is. Die finaliste was Cardré Oppelt, Carla Vernooy, Renée Crous, Marli le Roux, Zandré Germishuys, Kate Sendin and Nicolene Els.

Die opdrag was om 'n verpakkingsoplossing te vind vir hul Voedselwetenskap Produkontwikkeling produk wat gedurende die eerste semester in 2014 ontwikkel is.

IPSA Goud: Nicolene Els met 'Le Lait drinking pouch'.

IPSA Silwer: Zandré Germishuys with 'Rooibos cookie dessert in mini tea cup'.  Zandré het ook spesiale vermelding vanaf die beoordelaars ontvang vir 'Innovative Rigid Plastic Solution'.

IPSA Brons: Kate Sendin vir 'Le Lait flavoured milk in liquid carton'.

Marli le Roux het ook spesiale vermelding van die beoordelaars ontvang  vir 'Out of the Box Thinking'.

Baie geluk aan die finaliste en wenners!