Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Duitsland-Suid Afrika Grondkoolstof Dag word gehou by Stellenbosch Universiteit
Outeur: AG Hardie
Gepubliseer: 06/02/2014

​​Die Grondkoolstofdag georganiseer deur die Departement van Grondkunde, Universiteit Stellenbosch (US), as deel van die Duitsland-Suid-Afrika Jaar van Wetenskap-inisiatief is verlede jaar op Stellenbosch aangebied. 

Die werkswinkel het gefokus op grondkoolstofbestuur en -sekwestrasie, biochar-verbetering van die grond en grondgesondheid. Die werkswinkel het meer as 140 afgevaardigdes gelok, insluitende universiteitnavorsers en studente, wetenskaplikes van die Landbounavorsingsraad, beamptes van die Nasionale Departement van Landbou, landbou-konsultante, en lede van die Misstofvereniging van Suid-Afrika. 

Die werkswinkel het drie hooflesings deur besoekende Duitse wetenskaplikes ingesluit: Prof Yakov Kuzyakov (Universiteit Goettingen), prof Bruno Glaser (Universiteit Halle) en prof Richard Sikora (Universiteit Bonn).​

Prof Kuzyakov, 'n kenner in grondorganiesemateriaal, het gepraat oor die belangrikheid van grondkoolstof in grondvrugbaarheid en oor sy nuutste stabiele isotoopstudies oor die omset en sekwestrasie van koolstof in die grond. Prof Bruno Glaser, die huidige voorsitter van die Europese Biochar Navorsingsnetwerk, het gepraat oor biochar-verbetering van grond, die belangrikheid van biochar-karakterisering en die belowende veldstudies met biochar wat tans in Europa uitgevoer word. Prof Sikora, 'n kenner in grondgesondheid, het gepraat oor sy navorsing wat plantweerstand teen grondpatogene en nematodes bevorder. 

Plaaslike sprekers het die volgende persone ingesluit: Dr Anthony Mills (US) wat gepraat het oor grondkoolstof op die internasionale mark, mnr Michael Back (Backsberg, Paarl) wat gepraat het oor sy koolstof neutrale boerdery, dr Ailsa Hardie (US) wat gepraat het oor die biochar-navorsingsprogram by die US, mnr Stephen Malherbe (ZZ2) wat gepraat het oor grondkoolstofbestuur deur ZZ2, die grootste tamatieprodusente in Suid-Afrika. 

Die werkswinkel het baie positiewe terugvoer gehad; e-posse het ingestroom van afgevaardigdes oor hoeveel hulle die dag geniet het en daaruit baat gevind het. Die Grondkoolstofdag-sprekers se aanbiedings is beskikbaar op http://academic.sun.ac.za/soil/socaday.html