Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Geen rente vanaf 1 Oktober 2024 toegevoeg aan kostepunte wat deur die hoofbegroting befonds word

​Die Rektoraat van die Universiteit Stellenbosch (US) het aangekondig dat hy die Finansiële Komitee se aanbeveling aanvaar dat geen rente toegeken sal word aan kostesentrums wat deur die hoofbegroting gefinansier word nie. Dit sal vanaf 1 Oktober 2024 in werking tree.

Manie Lombard, US se Hoofdirekteur: Finansies, het op 'n vorige geleentheid gesê die meeste balanstipe-kostesentrums het rente uit die US se beleggingsinkomste ontvang. “Hierdie rentebetalings was teenstrydig met die US se begrotingsmodel, aangesien die Raad nie die toekenning daarvan as deel van die jaarlikse begrotingsgoedkeuring goedkeur nie." Kostesentrums wat uit nie-hoofbegrotingsbronne befonds word, insluitend eksterne navorsingsfondse, sal voortgaan om maandelikse rentetoekennings te ontvang.​