Studente en dosente word aangemoedig om aktief deel te neem en betrokke te raak by hierdie samewerkende proses om onderrig, leer en assessering te verbeter. Deur oop kommunikasie en 'n kultuur van refleksie en terugvoer te bevorder, kan die US voortdurend ontwikkel en streef na uitnemendheid in onderrig, leer en assessering.
Hoe werk die proses vir studente?
- Studente sal 'n e-pos ontvang met die skakel na die vraelys
- 'n Pop-up van die skakel sal op SUNLearn sigbaar wees
- Dosente sal ook 'n QR-kode verskaf om toegang tot die vraelys te kry tydens klastyd
- Besin oor die gestelde vrae en gee jou eerlike antwoord
- Dosente sal so gou moontlik terugvoer gee oor die terugvoer van studente
Hoe werk die proses vir dosente en administrateurs?
- Jy hoef nie meer 'n e-registrasievorm te voltooi soos voorheen vereis nie
- Inligting oor modules wat terugvoer vereis word direk van die fakulteite aangevra. 'n Aangewese administratiewe persoon, binne elke fakulteit, verifieër die inligting voordat aktivering plaasvind.
- Dosente sal toegang hê tot 'n Dashboard waar 'n QR-kode geskep kan word.
- Deel die QR-kode met studente en reël vir tyd tydens die klas sodat hulle toegang tot die vraelys kan kry en dit kan voltooi.
- Vraelyste moet gedurende die gespesifiseerde datum (07-18 Oktober 2024) geaktiveer word. Indien nodig, kontak asseblief die Studenteterugvoerkantoor (stv@sun.ac.za) om moontlike buigsame datums te bespreek.
- Gee studente terugvoer oor hul terugvoer sodra verslae ontvang word.
Kontak asseblief die Studenteterugvoerkantoor deur 'n e-pos te stuur na stv@sun.ac.za, indien jy enige vrae het.