Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vakkeuses: ondersteuning vir graad 9-leerders

​Vir 'n suksesvolle loopbaankeuse moet verskeie faktore in ag geneem word. Van die eerste oorwegings is 'n realistiese en ingeligte vakkeuse vir graad 10 tot 12. Die vakke wat leerders kies, kan beduidende implikasies vir hulle toekomstige loopbane hê. Nietemin ontvang vakkeuses selde die tipe aandag wat dit werklik verdien. 

Om leerders met hulle vakkeuses by te staan, bied die Afdeling Studentewerwing van die Universiteit Stellenbosch (US) 'n omvattende stel hulpbronne vir graad 9's en hulle ouers. Dit is maklik om die hulpbronne te bekom – klik bloot op die volgende skakels: 

Ons lewer ook die volgende voorligtingsdienste:

  • Gratis, individuele adviessessies, hetsy persoonlik of aanlyn, om die leerder se belangstellings by die US se studieprogramme en toekomstige loopbaanmoontlikhede te pas
  • 'n Psigometriese assessering by ons kantore (of aanlyn), wat bestaan uit 'n vier uur lange psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, 'n uur lange individuele terugvoersessie, en 'n verslag met die resultate en aanbevelings, wat binne twee weke ná die assessering per e-pos gestuur sal word 

Om 'n afspraak te maak, skakel +27 21 808 4709 of stuur 'n e-pos na csr@sun.ac.za.