Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) is besig met 'n belangrike studie om die impak van die Universiteit Stellenbosch (US) se ekonomiese impak op die plaaslike ekonomie van Stellenbosch te bepaal. Ons nooi jou graag uit om deel te neem aan die opname. Dit behoort jou tussen agt of tien minute te neem om die opname te voltooi. Dit vra vir inliging oor jou spanderingspatrone in Stellenbosch (akkommodasie, kos, vervoer, en so meer). Die opname vra ook in watter dorp of stad jy woon.
Daar is vyf pare kaartjies op die spel om die befaamde US Koor te sien optree tydens vanjaar se Woordfees. Voltooi die opname teen 27 September 2024 en jy staan 'n kans of een van hierdie kaartjies te wen. US personeellede wat die opname teen 20 Oktober 2024 voltooi staan ook 'n kans om een van tien R200 MyBrew koffie geskenkbewyse te wen. 150 studente wat die opname voor 20 Oktober voltooi, kan elk 'n R200 MYBrew koffie geskenkbewys wen.
Skandeer die QR-kode of klik hier om die opname te voltooi.
** GELUKKIGE TREKKING: Wanneer jy die opname voltooi het, sal jy gevra word om jou naam, eposadres en US personeelnommer te verskaf. Hierdie besonderhede kan nie na jou jou antwoorde in die opname herlei word nie.
Hierdie studie is goedgekeur deur die Navorsing Etiese Komitee van die Universiteit Stellenbosch (Projek ID: 31591). Vir enige navrae of probleme met betrekking tot hierdie opname, kontak gerus die BEO hier.