Die Biblioteek doen 'n aanlyn opname oor die gebruikspatrone van biblioteekruimtes en diversiteit, wat tot 4 Oktober 2024 duur. Die opname is daarop gemik om die voorkeurruimtes onder julle, ons US-biblioteekkliënte te identifiseer, jou tevredenheid met hierdie spasies en die biblioteekure te bepaal, en die mate waarin jy die biblioteek sien as 'n weerspieëling van diversiteit. Die opname neem minder as 10 minute om te voltooi. Deelname is heeltemal vrywillig, en jou antwoorde bly anoniem.
Deur deel te neem, staan jy 'n kans om een van drie waardebonne ter waarde van R1 500 elk te wen, wat by 'n rekenaartegnologiewinkel gebruik kan word. Om aan die gelukstrekking deel te neem, verskaf net jou e-posadres aan die einde van die opname. Die trekking sal aan die einde van Oktober plaasvind.
Voltooi ons opname nou en help ons om jou Biblioteek nog beter te maak!
Vir verdere navrae, kontak Siviwe Bangani by sbangani@sun.ac.za of 021-808 4641.