Waarop fokus hierdie kortkursus?
Hierdie aanlyn kortkursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, bied ʼn inleiding tot die spesifieke kommunikasiekennis en -vaardighede wat ʼn mens nodig het om kommunikasieverwante take suksesvol af te handel.
Na afloop van die kortkursus, sal jy:
- boodskappe kan ontleed deur ʼn metode bekend as die vierkant-kommunikasiemodel in te span
- die betoog in kommunikasieboodskappe kan herken en krities kan beoordeel
- jou mondelinge aanbiedings selfs boeiender kan maak
- vir effektiewer professionele gesprekke kan voorberei en hulle optimaal struktureer
ʼn Sertifikaat van bywoning sal aan alle deelnemers uitgereik word.
Wie is die aanbieder?
Prof Carel Jansen is ʼn emeritusprofessor in Kommunikasie- en Inligtingstudies aan die Universiteit van Groningen se Fakulteit Lettere in Nederland. Hy is ook ʼn US Taalsentrum-navorsingsgenoot. Lees meer oor hom hier: http://bit.ly/31MnpJx
Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?
As jy duidelike en praktiese riglyne soek om besigheidskommunikasie met selfvertoue aan te pak, dan is hierdie die kortkursus vir jou! Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker.
Is daar enige voorvereistes?
Jy sal ʼn rekenaar moet hê wat ons aanlyn platforms (MS Teams, Zoom en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.
Waar en wanneer vind die kursus plaas?
Ons kursusse kombineer kontaksessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.
Kursusse open voor die eerste kontaksessie plaasvind en sluit lank ná die laaste kontaksessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.
Die twee oggendsessies vind plaas tussen 09:00 en 12:00 in die Taalsentrum se Seminaarkamer by Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch op die volgende datums:
| Kontaksessies (09:00 tot 12:00)
| Duur van die kursus (openings- en sluitingsdatums)
| Skryf in voor |
Kursus 2: | 8 en 15 Oktober | 27 September tot 22 Oktober | 27 September |
Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:
- twee oggendsessies van 3 ure elk
- ongeveer twee uur per week op leeswerk, of om take en aktiwiteite op eie stoom te voltooi
Stel jy belang?
Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812.