Die US Taalsentrum se Taaldiens herinner graag alle personeel daaraan dat taalimplementeringsbefondsing beskikbaar gestel is aan die meeste fakulteite, departemente en ander entiteite op grond van die 2024-taalimplementeringsbefondsingsaansoeke. Met die dat die einde van die jaar naderkom, is daar dalk steeds fondse beskikbaar wat gebruik kan word vir vertaal-, redigeer- of transkripsiedienste. Dink aan: klasnotas, lesingskyfies, terminologielyste, departementele webinhoud, notules, en so meer.
Indien u enige taalverwante projekte of behoeftes het, maak gebruik van hierdie geleentheid voordat die befondsingstydperk eindig! Vir meer besonderhede of om navraag te doen oor toegang tot hierdie fondse, kontak gerus vir Marguerite van der Waal (mvdwaal@sun.ac.za) by die Taalsentrum.