Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Praktiese werksessie oor US-waardes op 27 Augustus 2024
Werkswinkels skakel US-waardes oor in aksie en dade
Die waardes van die Universiteit Stellenbosch (US) hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig. Dit verskaf die goue standaard vir die soort gemeenskap wat ons graag wil wees. Dus moet hierdie waardes – uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en verantwoordbaarheid – deel uitmaak van hoe ons optree, met mekaar interaksie het, besluite neem en etiese uitdagings hanteer.

Die doel van die Universiteit se Waardes in Aksie-werkswinkels is om personeel en studente toe te rus om waardegedrewe gedrag en leierskap te verpersoonlik.

Temas en vaardighede
Die basiese waardes-in-aksie-werkswinkel stel deelnemers in staat om ’n algemene begrip te kry van die soort universiteitsgemeenskap wat ons graag wil wees, en om vaardighede aan te leer om moontlike waardebotsings te bestuur. 

Die volgende temas word tydens die werkswinkel bespreek:
* Die betekenis van waardes;
* Waardebotsings en hoe om dit op te los;
* Hoe om waardes te integreer tydens ons optrede en hoe ons by ander aansluiting vind; en
* Die integrasie van waardes deur leierskap en spanwerk. 

US-personeel van al die kampusse word hartlik uitgenooi om een van die voldag-werkswinkels by te woon. Oop werkswinkels is beskikbaar vir alle personeel – dit maak interaksie moontlik tussen uiteenlopende kollegas in verskeie omgewings.

Datums – Stellenbosch en Tygerberg
Oop werkswinkels word op die volgende datums in die tweede semester aangebied:
* Dinsdag 27 Augustus 2024 (Stellenbosch)
* Donderdag 3 Oktober 2024 (Tygerberg-kampus)
* Donderdag 10 Oktober 2024 (Stellenbosch)

RSVP vir werkswinkel op Dinsdag 27 Augustus 2024
Bevestig asseblief teen Dinsdag 20 Augustus 2024 – stuur e-pos na Jacolette Kloppers by jacolette@sun.ac.za en dui ook enige dieetvoorkeure aan. 

Werkswinkels duur van 08:00 tot 16:30 en middagete en verversings word verskaf. Meer besonderhede word aan deelnemers gestuur.

Meer inligting
https://www.sun.ac.za/afrikaans/staffnet/Pages/Values-in-action.aspx
https://www.sun.ac.za/afrikaans/staffnet/Pages/Basic-values-in-action-workshop.aspx

(12 Augustus 2024)